Bekendes gee Narib se Golden Spikes die jawoord
'n Windmeter en elektroniese tydmeters sal beskikbaar wees om te verseker die IAAF erken die tye en afstande wat behaal word.
Tielman van Lill - Ernst Narib, Namibië se heersende 400 meter naelloopkampioen, het die inisiatief geneem om op sy eie 'n reeks van vier atletiekbyeenkomste in Windhoek en Swakopmund aan te bied.
Die 28-jarige Narib hoop om die reeks as 'n jaarlikse instelling te vestig wat as die Narib Golden Spike-atletiekreeks bekend sal staan.
Vir die wegspring sal atlete die geleentheid kry om op 2 en 16 Februarie asook 20 April in die hoofstad by die Onafhanklikheidstadion in Olympia hul slag te wys. Die vierde been is vir die laaste naweek in April by die kus op die almanak aangeteken.
“Ek gaan die reeks byeenkomste in die Khomas- en Erongo-streke aanbied en self borg. Daar word beplan om pryse aan die toppresteerders aan die einde van die reeks te gee. Punte volgens die IAAF se puntestelsel sal aan die eerste drie deelnemers in elke item toegeken word wat elke atleet se totaal aan die einde van die reeks bepaal.
“Ons skop Saterdag om 09:00 af en behoort omstreeks 13:00 klaar te wees. Atlete kan nog die oggend by die stadion inskryf en sal 'n nommer ontvang wat vir al vier byeenkomste geldig is. Die inskrywingsgeld is 'n eenmalige N$50 vir die hele reeks.
“Die eerste been bestaan uit 100 m, 60 m, 150 m, 200 m en 300 m naellope, asook die 800 m middelafstand. Die veldatlete kan hulle vir hoogspring, verspring en gewigstoot voorberei,” sê Narib.
Van Namibië se voorste atlete soos die hoogspringer Vizamuje Ujaha, voormalige nasionale kampioen wat Namibië by die 2014 Statebondspele in Glasgow verteenwoordig het, sal ook te sien wees.
Sandro Diergaardt, tans die Namibiese junior én senior kampioen in verspring en silwermedaljewenner in die 100 m vir senior mans, is gretig om sy merk te maak.
Hoewel dit nog vroeg in die seisoen is, sal elite naellopers soos Even Tjiviju (100 m), Narib, Ivan-Danny Geldenhuys (beide manne wat verlede jaar onder 47 sekondes in die 400 m vir mans gedraai) hul stempel wil afdruk.
Jolene Jacobs, die nasionale 60 m binnenshuise rekordhouer en huidige 100 m titelhouer, Tjipee Herunga (400 m nasionale rekordhouer vir senior vroue), die verspringer en naelloper Adiel van Wyk asook die blits Dantago Gurirab het reeds ingeskryf.
Jacobs sê: “Ek sien uit na die openingsbyeenkoms vir die 2019-seisoen. Baie dankie Ernst Narib dat jy die inisiatief geneem het met die beplanning, reëling en aanbieding van die Narib Golden Spike-reeks.”
Narib het elke individu bedank wat hul ondersteuning aangebied het, maar sê daar is nog geen borge aan boord vir die reeks nie.
“Ek het reeds talle oproepe en boodskappe van mense ontvang wat my ondersteun en aanmoedig. Ek glo vas ons kan Namibiese atletiek tot sy eertydse glorie herstel, maar ons kan nie vir die regering wag om iets te doen nie. Ons as atlete sal beheer van omstandighede moet neem en veral die juniors moet bygestaan word om hul potensiaal ten volle te bereik.
“Ek rig 'n versoek aan die ouers om asseblief hul kinders vir die naweek se byeenkoms in te skryf. Moenie dat die inskrywingsfooi van N$50 (vir al vier bene) enigiemand ontmoedig nie. Ons moet die sport op alle vlakke bemark en hiervoor het ons ook die senior atlete se insette nodig.
“Enige persoon kan deelneem. Jy hoef nie by 'n atletiekklub geregistreer te wees nie en vir die Bootcamp-aanhangers en gestremde atlete sal daar 'n spesiale program wees. Ek smeek die publike ook om asseblief ons atlete tot hoër hoogtes te gaan ondersteun. Toegang is gratis,” het die kampioen afgesluit.
Die byeenkoms begin Saterdag om 09:00. Mense moet so vroeg as moontlik inskryf. Narib kan by 081 344 4127 of [email protected] vir meer inligting gekontak word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie