Bekhou ten alle koste?
Dani Booysen - Die regering se nasionale ampsrede op Werkersdag sal ongelukkig nie as ‘n oratoriese hoogtepunt onthou word nie.
Tradisioneel word arbeid se opofferinge gevier en die werkersmag besiel en gemotiveer.
Nie op Khorixas nie. In visepresident Nangolo Mbumba se toespraak moes elke kritiese en “stil” (nie-ondersteunende) stem voor die rottang van party- en regeringsretoriek buk.
Swapo se ontevrede woede met vakbonde, burgerlike organisasies, kerke, vroue, die jeug, senior burgers, tradisionele leiers, intellektuele, sakelui en die media was nakend oopgegooi vir almal om te sien. Die hele boksendaais moes sak.
Van spanninge in die party, regering en land spreek dit boekdele.
Ons kan nie uit dieselfde mond korrupsie veroordeel en glo met alles bestry én korrupsie sedert 1990 sagkens – met ‘n dwarsklap na die Grondwet – as ‘n simptoom van 106 jaar se onderdrukking verskoon nie.
Niemand ontken die laste en sondes van die verlede nie, maar dit regverdig nie sonder meer ‘n oogluikende gebrek aan vordering, en agteruitgang, op sekere gebiede nie.
‘n Houd-Den-Bek-kultuur (stil bekke is mos heel bekke) word dikwels blindheid vir uitdagings. Gedienstige lofsange sal ons nie help om Namibië se probleme te oorkom nie.
Wat sê dit van Harambee as die staatshoof se adjudant reken nóg ‘n nuwe plan met ‘n eg Namibiese of Afrika-naam is nodig om die stryd om ekonomiese bevryding te verwoord?
Geen leiers of regerings kan op die louere van ou en selfs nuwe oorwinnings rus nie. Die smeltkroes en loutering van kritiek is onvermydelik vir sukses.
So sê ander
6 Mei 2018
Don’t prop up coal if the economy can’t
One of the reasons President Trump was elected is that President Barack Obama’s launched a mean-spirited and heavy-handed campaign to kill coal as a source of electricity.
Most of Obama’s anti-coal regulations have been scrapped. Yet coal is still down and on its way out.
But unfortunately, Republicans are now tempted not just to end the government’s anti-coal crusade, but also to go further by propping up coal power generation wherever it has outlived its economic utility.
Now there’s talk of an even more radical solution, nationalizing coal in the name of security.
The late Margaret Thatcher demonstrated the economic benefits of removing government from business ownership.
Through privatization, society’s capital can be efficiently allocated based solely on the aggregate choices of individual market actors. This is the pathway to economic growth and prosperity.
• WASHINGTON EXAMINER

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie