Bekke los oor dagga
Misdaadberigte is van die rapportering wat lesers se tonge dikwels makliker as sekere ander onderwerpe loswoel.
Die talle sienings oor 'n vrou wat op Swakopmund vir die beweerde tuisverbouing van dagga aangekeer is, is nietemin interessant. Twee breë kampe is onderskeibaar.
Sommige het opgekom vir die medisinale gebruik van dagga. Die vrou se seun is glo vooraf met dagga in sy besit betrap, maar in die regsproses sal die volledige feite uitkom.
Sekere lesers het gewonder hoekom borgtog geweier is, terwyl die polisie na hul mening swakker vaar in die bekamping en vervolging van ernstige geweldsmisdade, waaroor howe – volgens openbare persepsie – te vrygewig met borgtog is. Ander erken die polisie se sukses wat betref sy mandaat oor dwelms.
In sekere lande is aspekte van die gebruik van dagga juis gedekriminaliseer weens praktiese en mediese redes. In Suid-Afrika het die grondwetlike hof byna 'n jaar gelede finaal bevind dagga mag tuis gebruik en gekweek word, maar wetgewing en regulering is – met talle uitdagings – nog onderweg in dié buurland.
In Namibië volg ons regering nie altyd Suid-Afrikaanse wetsvoorbeelde slaafs na nie. Dit wil egter lyk of daar ook hier meer liberale sienings oor dagga ontwikkel.
Of daar in Namibië 'n drukgroep of individue is wat die daggakwessie by die horings wil pak, is 'n ope vraag.
In 'n land met soveel ander gróót probleme gaan dagga waarskynlik nie vir die afsienbare toekoms naby aan die bopunt van die lys wees nie.
So sê ander
26 Februarie 2019
Sex education: the facts of life are just the start
The introduction of compulsory health and relationship education in English primary schools should be applauded.
Schools are, in almost all cases, the place where young people start to make their way in the world as individuals, learn to manage themselves in a peer group, and separate from their families.
The devil of these proposals is in the details of their funding. None of what has been promised will be delivered to the required standard unless the government increases its paltry offer of £6m. Beyond the nuts and bolts of the facts of life, these are issues that require well-informed and sensitive handling: sexual orientation, gender identity, self-harm, FGM and abuse are deeply personal and difficult subjects to tackle in a classroom. That said, it is good to see a Conservative government turning its face so strongly against the homophobia of the past.• THE GUARDIAN

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie