Bekker en Koen tops in Springs

Boogskiet
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Namibië se Nasionale Boogskietprogram in Skole (NASP) het die afgelope naweek met 'n All Stars- asook 'n ontwikkelingspan in Springs, Gauteng, aan die Afrika All Stars-kampioenskap en Ontwikkelingsuitdaging deelgeneem.

Honderd-agt-en-twintig skutters van Botswana, Suid-Afrika en Zimbabwe het saam met die Namibiërs oor twee dae pyle getrek om die voorste meisie- en seunskutters, asook die beste span te bepaal.

Vrydag het elke deelnemer drie kol­skootrondes (Bulls Eye) vir ranglyspunte afgehandel, waarna elke span wat uit 16 lede bestaan in twee gedeel is. Die voorste agt van elke land het toe opnuut met die kolskootafdeling voortgegaan om te bepaal wie gaan uitgeskakel word.

Die ander agt skuts van elke span wat nie die voorste agt plekke gehaal het nie, het in alle erns na die driedimensionele diereskywe aangelê.



INDIVIDUELE ­PRESTASIES

Met die prysuitdeling Saterdagaand by 'n galadinee het Gerhard Koen van Keetmanshoop as die beste individuele skutter met 'n goue medalje in die Kolskoot- en 3D-afdeling en algehele kompetisie na vore getree.

Koen het ook die beker as kampioen van die ontwikkelingsafdeling ontvang.

Dominique Bekker van Walvisbaai het op haar beurt as die tweede beste skutter van die vier lande ontpop toe sy 'n silwermedalje in die 3D-afdeling met die All Stars-kampioenskap ingepalm het.

Die uitslae van die Ontwikkelingsuitdaging was:

3D-spankompetisie: 1. Zimbabwe (goud), 2. Namibië (silwer), 3. Suid-Afrika (brons).

Kolskoot-afdeling: 1. Suid-Afrika (goud), 2. Zimbabwe (silwer), 3. Namibië (brons).

Algeheel: 1. Zimbabwe (goud), 2. Suid-Afrika (silwer), 3. Namibië (brons).

Die uitslae van die All Stars-kampioen­skap:

D-spankompetisie: 1. Suid-Afrika (goud), 2. Zimbabwe (silwer). 3. Namibië (brons).

Kolskoot: 1. Suid-Afrika (goud), 2. Zimbabwe (silwer), 3. Namibië (brons).

Algeheel: 1. Suid-Afrika (goud), 2. Zimbabwe (silwer). 3. Namibië (brons).

NASP Suid-Afrika, wat in 2008 gestig is, vier tans sy eerste dekade. Michael van der Merwe van Kaapstad in die Wes-Kaap is as algehele individuele All Stars-kampioen bekroon en sy titel was dus 'n uiters gepaste geskenk.

'n Afrika All Stars-span is ook vir die eerste keer gekies wat agt skutters van Suid-Afrika, vyf van Zimbabe en drie Namibiërs ingesluit het.

Me. Karola Woortman, voorsitter van NASP Namibië, is baie beïndruk met die geweldige prestasie van die drie Namibiese seuns.

“Ons is baie trots op Pieter Hough, Diwan Engelbrect en Delron Gaoseb wat geskiedenis gemaak het en in die eerste Afrika All Stars-span ingesluit is. Welgedaan aan ons skutters, julle maak ons baie trots.

“Baie dankie aan al die ouers wat die reis moontlik gemaak het. Baie dankie aan Gobabis Gimnasium wat hul skoolbus aan ons beskikbaar gestel het en Jaco van Vuuren wat sy Quantum- en VW-bussies en sleepwaens vir ons geleen het. Ons bedank ook die eienaars van South Gate- en Buitepos diensstasies wat die brandstof vir die rit geborg het.

“Van die skutters is deur private besighede geborg en kon danksy dié ondersteuning in Suid-Afrika gaan deelneem, waarvoor ons innige waardering het,” het Woortman gesê.

Die Namibiese ontwikkelingspan was Zian Prinsloo, Le Roux Everson, Wian van Zyl, Gerhard Koen, Dylan Mouton, Johann van Zyl, Matthew José, Izak Engelbrecht, MJ van der Westhuizen, Anderson Naimab, Gabriel Mwiya, Dehan von Watzdorf, Alana Adonis, Mari Louw, Anrika van Zyl en Elize Haasbroek.

Die Namibiese All Stars-span het uit Willem Lottering, Wian lottering, Lukas Els, Pieter Hough, Diwan Engelbrecht, FP Scholtz, Altus Opperman, Edward Kesslau, Andila Jaarsak, Hennie Nel, Hannes Theron, Delron Gaoseb, Dominique Bekker, Isabel Louw, Melani Erasmus en Leonise Human bestaan.

• Namibië se voorste 16 jong skutters gaan vanaf 9 tot 11 Julie in Kanada aan die 2018 NASP All Nations All Stars wêreldkampioenskap teen die beste 16 skutters van ander lande by die Canada Olympic Park in Calgary, Alberta, deelneem. Die Ontwikkelingsuitdaging sal terselfdertyd by dieselfde venue gehou word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!