Bekker keer met brons terug

Tielman van Lill
’n Namibiese nasionale en ontwikkelingspan het onlangs by die Alpine gesondheidsoord in die Drakensberge aan die vierde NASP All Star en nasionale boogskietkampioenskappe deelgeneem.
Skutters het in die Bulls-Eye en 6D-kompetisies teen lande soos die Verenigde State, Suid-Afrika, Zimbabwe, Kanada en ander ontwikkelingspanne meegeding.
Nadat die deelnemers etlike ure op die skietbaan was, het die nasionale span vyfde geëindig, terwyl die ontwikkelingspan daarin kon slaag om die vierde plek in die Bulls-Eye kompetisie in te neem. Beide spanne het in die 3D-afdeling die vierde posisie ingeneem.
Dominique Bekker, Namibië se trots van Walvisbaai, het ’n bronsmedalje in beide die 3D- en Bulls-Eye afdeling met haar akkurate korrelwerk opgeraap.
Die nasionale span het uit Rassie van Zyl, Marko Kersten, Johann van Zyl, Lukas Els, Monique Louw, Johan Scholtz, Pieter Hough, ­Llewellyn de Jager, Johan Els, Melany Erasmus, Marc Morgan, Zander Els, Adriaan Bothma, Petrus ­Labuschagne, Dehandrei Labuschagne en Bianca Erasmus bestaan.
Die ontwikkelingspan was Dominique Bekker, MJ van der Westhuizen, Matthew Jose, Tobie Kersten, MC de Jager, Chris Labuchagne, Le Roux Everson, Louis Becker, Wian van Zyl, Sandra Saad, Ricardo Elves, Ursula Roberts, Marco Fouché, Alana Adonis, Damian Beukes en Jana Swanepoel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!