Bekroonde Neville D kom loof saam!
Halleluja Namibië is ’n groot nasionale geleentheid op 4 November om lof en eer aan God te bring.
Ons verwelkom verskeie Namibiese kunstenaars soos Ponti Dikuua en die Collective singers, Clive Willemse van die NOW Generation, asook die pragtige Maranatha.
Suid-Afrikaners wat aan die geleentheid sal deelneem, sluit in Retief Burger, Neville D, Juanita du Plessis, Louis Loock, Elvis Blue, Anders, Rouchelle Liedeman en Louis Brittz, wat ook die geleentheid regisseer.
Neville Diedericks, beter bekend as Neville D, het reeds as jong seun sy musikale talent ontdek en ontwikkel, en vandag is hy die Dove-wenner en Grammy-genomineerde liedjieskrywer van onder meer die bekroonde “How awesome is our God”.
Hierdie lied het hy saam met sy internasionaal bekende vriend in die musiekbedryf, Israel Houghton, geskryf.
Neville D was vir jare ‘n integrale deel van Houghton se groepe Israel en New Breed, saam met wie hy ook na die VSA, Maleisië, Indonesië en Afrika getoer het.
Neville D se groot talent as liedjieskrywer word erken deur legendes in die musiekbedryf soos Ernie Smith, Loyiso Bala, Jakkie Louw en Judith Sephuma. Sy lied “Rain Down” is ook in ‘n fliek saam met die rapper Ja Rule te sien.
Koop gerus jou kaartjie by Pick n Pay of www.webtickets.com.na.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie