Belu00ea in kennis wat saak maak
Belu00ea in kennis wat saak maak

Belê in kennis wat saak maak

Dani Booysen
Kundiges van die Wêreldbank en die Namibiese Statistiekagentskap (NSA) se gesamentlike ondersoek na die doeltreffendheid van armoedeverligting in Namibië bevat belangrike inligting wat die Harambee-welvaartplan en die Vyfde Nasionale Ontwikkelingsplan (NDP5) beslis in ag moet neem.

Natuurlik is dit goed dat maat­skaplike ondersteuningsnetwerke gehelp het om byna 120 000 burgers se lewens tasbaar te verbeter.

Die verslag bevestig egter noodkrete deur baie behoeftige Namibiërs dat hulle nie baat by netwerke waarop hulle moet kan reken nie.

Dit dryf ook die boodskap tuis dat dit nie suiwer om getalle gaan nie. Die regte persone moet bereik word eerder as om net hoër dekkingsyfers na te jaag. As welvarendes wat dit nie benodig nie afstand doen van die staatspensioen, is daardie geld beskikbaar om werklike behoeftiges te help. Dieselfde geld vir ander toelae.

Die feit dat baie min van die mees armoedige inwoners nie by die saambouprojek en die werk van die Nasionale Behuisingsonderneming (NHE) baat nie, is lankal vooruitgeloop deur lesersbydraes en mediaberigte in die verband.

Om Harambee en NDP5 te laat werk, sal beter doeltreffendheid dringend aandag moet geniet.

Volgens die Wêreldbank sal geld nodig wees vir 'n teikenplan en die opleiding van plaaslike kundiges wat doeltreffendheid behoorlik kan monitor. Die uitkoms sal wees dat die staat sal weet presies wie regtig behoeftig is en kan seker maak dat hierdie persone al die nodige bystand ontvang om 'n menswaardige bestaan te voer.

Só 'n belegging is die moeite werd.

So sê ander

14 Junie 2017



Kompromie oor Zille is die beste uitweg



Die kompromie wat in die DA aangegaan is om die party verdere skade te spaar in die onverkwiklike twiet-sage is onder omstandighede die beste uitweg wat gevind kon word.

Die emosie rondom die saak word gedryf deur 'n rassebreuklyn wat regdeur die samelewing loop: swart mense se belewenis dat die pyn wat deur kolonialisme en apartheid veroorsaak is nie na behore raakgesien en erken word nie; en wit mense se belewenis dat hul bydrae tot die welstand van die land misken word.

Belangrik: Dit het die insig geverg dat die nasionale projek van versoening – én die tot verantwoording roep van 'n regerende party wat die land se mense in die steek laat – groter sake as die kap en steek van interne politiek is. Dit wys die verbreding van onderlinge begrip bly 'n haalbare projek.• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!