Belê in Outjo
Van bou en boer tot sonkrag en vervaardiging; die geleenthede is daar.
Augetto Graig - Outjo se dorpsraad het vanaf 31 Oktober tot 1 November sy eerste beleggerskonferensie op die dorp gehou.
Volgens die burgemeester, mnr. Samuel !Oë-Amseb, was dit gemik op die bevordering van Outjo as ’n dorp met veilige beleggingsgeleenthede en onontginde potensiaal.
Beleggingsgeleenthede sluit in infrastruktuur en eiendomsontwikkeling, vervaardiging, toerisme, landbou en voedselvervaardiging, asook opwekking van hernubare energie. Geleenthede vir die diens van grond vir nuwe uitbreidings is uitgelig.
Outjo uitbreiding 4 bied ’n reusegeleentheid ter waarde van N$42,7 miljoen. Dit behels die diens van 244 hoë-inkomste-erwe waar opmetings reeds gedoen is. Goedkeuring is van die nedersettingsraad verkry.
Ander geleenthede sluit in die opmeting en diens van nog 20 hoë-inkomste-erwe in Outjo uitbreiding 5, 208 middelinkomste-erwe by Etoshapoort uitbreiding 5, en 169 lae-inkomste-erwe by Etoshapoort uitbreiding 6. Dié projekte is onderskeidelik N$7 miljoen, N$30,1 miljoen en N$24,5 miljoen werd. Lae-inkomste-behuising is ook vir Etoshapoort uitbreiding 7 beplan, waar 116 erwe gediens moet word teen ‘n verwagte ontwikkelingskoste van N$10 miljoen.
Die dorp bied ook geleenthede vir landbou nadat die dorpsraad grond vir boerdery uitgesit het.
Outjo spog met betroubare, bekostigbare waterbronne, is strategies geleë met toegang tot goeie padinfrastruktuur, en die dorpsraad het ‘n aandeel in die streekskragverskaffer Cenored.
Daar word spesifiek gesoek vir beleggings in die plant van lusern, varkboerderye en hoenderplase. Outjo het ook geleenthede vir die vestiging van ’n abattoir, looiery en voerkraal, sê die dorpsraad. Hulle moedig ook belegging in pluimveeboerdery en hidroponika aan.
Die dorpsraad het 70 hektaar uitgesit vir die vestiging van ’n hoëronderriginstansie ter waarde N$15 miljoen. Die ou hospitaalgeboue op die dorp sal omskep word in ’n beroepsopleidingsentrum.
Die hoë aanvraag na herberge bied nog ’n geleentheid.
Wat toerisme betref, baat Outjo danksy sy nabye ligging aan die Etosha Nasionale Park, sy toerismetrekpleisters en gasteoorde. Die dorpsraad het reeds grond uitgemerk vir tydelike verblyfopsies soos rondawels of ’n hotel. Die raad wil ook ’n vermaaklikheidsentrum, ’n kulturele dorpie en konferensiefasiliteite vestig.
Daar is ook grond beskikbaar vir die bou van ’n mediese sentrum, ’n fisioterapiesentrum of ’n
farmaseutiese-vervaardigingaanleg. Die raad soek ook beleggers vir die oprig van ’n inkopiesentrum in Etoshapoort uitbreiding 5 waarvoor 3,5 hektaar toegeken is. 12,5 hektaar is toegeken vir ’n hernubare-energieprojek, terwyl 107 industriële erwe ter waarde van N$40 miljoen ook ontwikkel moet word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie