Belangegroepe gaan voort met plan oor Lubango
Belangegroepe gaan voort met plan oor Lubango

Belangegroepe gaan voort met plan oor Lubango

Verskeie komitees en organisasies werk volstoom voort om geskiedkundige en meer onlangse menseregtevergrype aan die kaak te stel.
Maria Eiseb
Maria Eiseb - Betrokkenes moet antwoorde verskaf oor wat in die Gate van Lubango met vryheidstryders gebeur het, het me. Erica Beukes Vrydag opnuut benadruk.

"Die Namibiese gemeenskap is die slagoffers," het sy gesê.

Beukes is die voorsitter van die gesamentlike komitee bestaande uit die komitee van die ouers en die komitee van geregtigheid. Hierdie groep het Vrydag in Windhoek die openbare verhore bekend gestel wat hulle aanstaande jaar oor die vergrype tydens die vryheidsoorlog, asook sedert 1990 teen die San en inwoners van die Zambezistreek, wil aanbied.

Volgens mnr. Samson Ndeikwila, uitvoerende direkteur van die Forum for the Future, het hy in 1967 en 1968 inligting begin ontvang oor wat in die Gate aangaan. "Namibiërs is verskriklik gemartel, maar ons was in die duister daaroor. Ons het niks geweet van wat gebeur het nie.

“Dinge moet aan die lig kom sodat ons weet wat presies plaasgevind het,” het Ndeikwila gesê.

Volgens hom is aangehoudenes gevra of hul Suid Afrikaanse spioene was, wie hulle opgelei het en hoe hulle aan die apartheidsmagte inligting moes verstrek. "Die meeste jongmense is doodgemaak," voer hy aan.

Ná die aanvaarding van Resolusie 435 het dinge volgens Ndeikwila verbeter. "Ek wonder wat sou gebeur het as dit nie vir die resolusie was nie," het hy opgemerk.

'n Voormalige PLAN-vegter, mnr. Jackson Mwalundange, het gesê nadat hy in Zambië aangekom het, was hy uiters geskok. "Ons het die hele tyd probeer verdedig (wat gebeur) en dit probeer regverdig.”

Volgens Mwalundange het hy in die sestigerjare uitgevind wat aangegaan. Marteling en moorde het volgens hom in die sewentigerjare voortgeduur. In die tagtigerjare het dit vererger, het hy aangevoer.

“Hoekom het sulke dinge plaasgevind? Wie is ons?" het Mwalundange gevra.

"Ek wil hê ons moet met die Swapo-leiers en ander mense vergader en bespreek hoe ons die geskiedenis kan suiwer. As ons deel van Swapo was, hoekom het dit gebeur?" wou Mwalundange weet.

"Ons wil hê Swapo moet begin verduidelik. Daar moet 'n manier wees waarop Swapo ons vrae kan beantwoord," het hy gesê.

Die komitee van ouers beywer hom volgens Beukes sedert 1984 om die lewens van aangehoudenes in Lubango te red. Die komitee wou die marteling in hierdie kerkers stuit. Die gesamentlike komitee voer aan soortgelyke wandade het sedert onafhanklikwording in dele van die land plaasgevind.

Volgens Beukes het die komitee verlede jaar sy kommer met die vyf Westerse magte, die Wêreldraad van Kerke, die Lutherse Wêreldfederasie, die Verenigde Nasies en die president van Namibië gedeel. “Ons het geen antwoorde op ons vrae ontvang nie.” het Beukes gesê.

Op 21 en 22 September 2016 het die gesamentlike komitee, die komitee van ouers en voormalige PLAN-vegters in Tsumeb vergader en besluit om 'n internasionale kommissie van ondersoek te stig. Hulle het tydens die byeenkoms van die gevalle melding gemaak wat reeds opgediep is.

Volgens Beukes het die prokureur-generaal, mnr. Sacky Shanghala, namens dr. Hage Geingob aan die gesamentlike komitee geskryf en verseker die regering gaan die kwessie ondersoek en oplos. Tot vandag is geen verdere woord volgens haar van die regering gehoor nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!