Belangrike vroeë punte vir 2021 wink
Afrigter Bobby Samaria se span is vandeesweek 119de op die wêreldranglys en speel teen Tsjad wat 176ste gereken word.
Die Brave Warriors verdedig vanaand die land se eer teen die besoekende Tsjad in die Sam Nujoma-stadion in die spanne se eerste botsing van die veldtog om vir die 2021 Afrika-Nasiesbeker in Kameroen te kwalifiseer.
Die middelveldspeler en kaptein, Petrus Shitembi, sal die Warriors om 18:00 in hul groep A-wedstryd op die veld lei. Die gesoute Shitembi sê sy span is gereed om 'n goeie fondasie vir die res van sy kwalifiseringsveldtog vir die Afcon-eindtoernooi te lê.
Shitembi verseker entoesiaste van die nasionale span dat versterkings uit die buiteland soos Ryan Nyambe (Blackburn Rovers) en Riaan Hanamub (Jomo Cosmos FC) die gewenste resultaat teen Les Sao kan help verkry.
“Ons gaan op die veld om 'n punt te bewys. In die verlede was die Sam Nujoma-stadion ons vesting in sulke kompetisies. Ons is daarop ingestel om die harte van die Warriors se ondersteuners warm te maak.
“Die laaste keer wat ek saam met Ryan en Riaan gespeel het, was tydens die Afcon-toernooi vroeër vanjaar in Egipte. Nou ontmoet ons weer en hul ondervinding en statuur sal waarde teen Tsjad, asook in die latere wedstryde van ons veldtog byvoeg.
“Danksy ons leierskapstyl voel Ryan Nyambe sedert sy aankoms reeds tuis by ons. Hy pas lekker in en die kameraderie tussen die ouens is soos altyd uitstekend.
“Die Warriors is terdeë bewus daarvan dat ons ondersteuners ná die loesing teen Zambië (met 2-0 laas naweek in die vriendskaplike Hage Geingob-bekerwedstryd) teleurgesteld is.
“Mense moet egter onthou ons plaaslike liga tans onaktief is, terwyl Zambië week na week sokker speel.
“Ons het jul ondersteuning teen Tsjad bitter nodig. Dinge gaan heelwat anders as Saterdag verloop. Mense onthou dat ons die afgelope paar jaar baie bereik het en ons sal nie gaan lê in ons strewe om meer glorie vir Namibië te bring nie,” het die vlugvoetige Shitembi gesê.
Nyambe, gewis tans die land se mees hoëprofiel speler by die Engelse Premierliga-klub Blackburn Rovers, verseker mense dat hy seepglad by sy plaaslike landgenote inpas.
“Dit is spesiaal en lekker vir my om terug tussen die ouens te wees. Dit voel of ek uiteindelik tuis is en ek gaan my bes lewer om my eerste verskyning op Namibiese bodem onvergeetlik te maak.
“Ons het 'n goeie span en die spelers is gereed om hul merk te maak,” het die 21-jarige boorling van Katima Mulilo vertel.
Die Warriors vertrek reeds môreoggend na Conakry, Guinee, waar hulle Sondag teen die Syli Nationale (Nasionale Olifante) in hul tweede uitdunwedstryd vir die 2021 Afcon-kampioenskap gaan speel.
Kaartjies vir vandag se botsing kos N$30 en is by Sokkerhuis in Katutura asook by Web-tickets beskikbaar.
Die oefengroep van 28:
Doelwagters: Virgil Vries, Loydt Kazapua, Ratanda Mbazuvara, Edward Maova.
Verdedigers: Aprocious Petrus, Ivan Kamberipa, Emilio Martin, Teberius Lombard, Ryan Nyambe, Larry Horaeb, Denzil Haoseb, Chris Katjiukua, Riaan Hanamub.
Middelveldspelers: Marcel Papama, Immanuel Heita, Dynamo Fredericks, Llewelyn Stanley, Absalom Iimbondi, Petrus Shitembi, Wangu Gome, Benyamen Nenkavu, Deon Hotto.
Voorspelers: Isaskar Gurirab, Elmo Kambindu, Panduleni Nekundi, Peter Shalulile, Benson Shilongo, Joslin Kamatuka. - www.NFA.org.na

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie