Belastingontduikers en nie-betalers moet hulself ondersoek
JOHN FREDERICKS SKRYF:
Ek dink as dit nou moet bekend gemaak word wie nie belasting betaal nie of wie die staat duisende dollars aan belasting skuld, behoort dit interessante leesstof te wees.
Daar is baie van ons wat lelik braak, en tot 'n groot mate met goeie rede oor hoe ons belasting deur die staat aangewend en gebruik word. Dit is ook ter verstane dat die deursigtigheid van die huidige regering die staat blootstel aan allerhande toesnoue wat nie ter alle tye regverdig of verdedig kan word nie.
Dit is ongehoord op die kontinent dat elke oorsese rit van die landspresident krities ondersoek moet word en by tye buite konteks geruk word. Hierteenoor is dit 'n feit dat heelwat belastinggeld op onnodige projekte, wat nie prioriteite is nie, verkwis word, maar dan maak nie net die staat homself skuldig aan die wanpraktryk nie, maar menige nie-staatsinstellings en organisasies verorber skenkersgeld asof daar geen môre sal wees nie.
Die misbruik van skenkersgeld is 'n perd van 'n ander kleur, en daaroor sal ek iets rep op 'n ander geleentheid, maar vir hierdie skrywe gaan dit oor “Give to Ceasar what belongs to Ceasar”. Geen aan die Keiser wat hom toekom.
In een van die dagblaaie was berig dat die nuut aangestelde “CEO” van Windhoek se munisipaliteit (wat nooit geld het nie) 'n maandelikse salaris van N$220 000 gaan verdien, nadat 'n ander kandidaat die posisie van die hand gewys het omdat die salaris vir hom te min was. (Ek wonder of daai salaris belastingvry is).
Mede-Namibiërs, dit sal net onbaatsugtig en regverdig wees dat as ons verwag van die landspresident om deursigtigheid aan die dag te lê, ons ook hande in eie boesem steek en vra “do we give to Ceasar what belongs to Ceasar”. Hierdie selfondersoek moet gepaardgaan met optrede om ons belating te betaal.
Voor iemand 'n hou na my swaai: my belasting is op datum.
Dit sal ook net reg wees om elke minister en leiers in beide die regerende en die opposisiepartye te monitor en oor hul oorsese reise te skryf en hul dieselfde aandag te gee wat die staatspresident geniet.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie