Belastingsonde met die bure
Jo-Maré Duddy
Die hoër sondebelasting wat die Suid-Afrikaanse minister van finansies, mnr. Tito Mboweni, gister in sy begroting aangekondig het, beteken Namibiërs gaan van 1 April af ook tussen 7,4% en 9% méér vir drank en tabakprodukte moet opdok.
Enige verhoging in aksynsbelasting in die buurland geld ook in Namibië vanweë die land se lidmaatskap aan die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (Sacu). Verlede jaar het Mboweni se voorganger, mnr. Malusi Gigaba, aksynsbelasting met tussen 6% en 10% opgestoot.
Die jongste verhogings gaan verbruikers róók. Drank en tabak is van die vernaamste items op Namibiërs se inkopielys. Volgens die Namibië Statistiekagentskap (NSA) gee die gemiddelde verbruiker 12,59% van sy besteebare inkomste hierop uit.
As sulks weeg drank en tabak die vierde swaarste in nasionale verbruikersmandjie. Behuising, water en krag is die swaargewig, gevolg deur kos en vervoer.
Verlede maand was inflasie vir drank en tabak 6,4%, die hoogste sedert Julie verlede jaar. Die koers vir drank was 6,7% en dié van tabak 5,3%. In Januarie 2018 het dié inflasiekoerse op 4,4% en 3,4% onderskeidelik gestaan.
Sacu bestaan uit Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Lesotho en Swaziland en is een van die regering se vernaamste bronne van inkomste.
Luidens die halfjaar-begrotingshersiening wat verlede Oktober deur die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, ter tafel gelê is, verwag die regering bykans N$17,4 miljard uit die poel van die doeane-unie in die huidige begrotingsjaar – amper 'n derde van alle belastinginkomste.
In die komende begrotingsjaar hoop die regering om net meer as N$16 miljard – sowat 30% van totale belastinginkomste – uit die Sacu-poel te ontvang. Schlettwein dien die 2019-'20-begroting in Maart in.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie