Beleef die wu00eareld se grootste dinee
Beleef die wu00eareld se grootste dinee

Beleef die wêreld se grootste dinee

Restaurante van dwarsoor die wêreld sal ’n spyskaart aanbied met ’n kombinasie van Franse kos en hul eie kookkuns-tradisies.
Tanja Bause
Tanja Bause - In Maart bring Goût de/Good France 3 000 sjefs van vyf kontinente af bymekaar vir die wêreld se grootste dinee.

Die unieke geleentheid, wat nou in sy vierde jaar is, sluit sjefs en Franse ambassades dwarsoor die wêreld in.

Me. Claire Bodonyi, Franse ambassadeur in Namibië, het verduidelik die doel van die geleentheid is om die Franse leefstyl en plaaslike produkte ten toon te stel.

“Franse gastronomie behels lekker kos wat goed lyk, heerlik smaak en gesond is. Ons wil dit met plaaslike sjefs deel,” het sy gesê.

“Restaurante van dwarsoor die wêreld sal ‘n spyskaart aanbied met ’n kombinasie van Franse kos en hul eie kookkuns-tradisies. Plaaslike kosse sal ook voorgesit word,” het Bodonyi gesê.

Plaaslike sjefs moet ’n spyskaart opstel wat dan deur ’n paneel beoordelaars in Frankryk goedgekeur moet word.

Die restaurant Taste of Africa by die Franko-Namibiese kultuursentrum (FNCC) is die enigste restaurant wat vanjaar jaar goedgekeur is om aan die geleentheid deel te neem.

Op 26 Maart sal die Franse dinee met ’n Namibiese kinkel by dié restaurant aangebied word.

“Daar sal ’n keuse van twee voorgeregte wees. Mense kan kies tussen ’n koue waatlemoensop of ’n gerookte hoenderborsie. Die hoofgereg is ’n keuse tussen wildsvleis of ingevoerde salm. Dít sal deur ’n kaasdis gevolg word en dan is daar weer twee opsies vir nagereg - ’n roomkaramel of ’n soufflé,” sê Penda Nangolo, Taste of Africa se sjef.

“Ons vat byvoorbeeld die tradisionele Franse murgpampoentjie wat met aartappels gemaak word en maak dit met mieliepap,” sê hy.

Op 27 Maart sal so ’n dinee vir genooide gaste by die Franse ambassadeur se huis aangebied word.

Die bekende sjef David Thomas sal hier aan die stuur van sake wees.

“Die ambassadeur het na my toe gekom en gesê ek moet vir sjef Augustina Mungolo leer om van die disse voor te berei. Ek het dit gedoen en sy sal die Paris-Brest vir nagereg maak,” sê Thomas.

“Dit is deeg wat, nadat dit gebak is, gevul word. Dit is ’n baie bekende tradisionele Franse nagereg wat almal eerste wil leer om te maak wat ’n sjef in Frankryk wil word.”

“Jy kry nie Paris-Brest in Namibië nie. Ek sal seker een van die eerste Namibiese sjefs wees om dit voor te berei,” sê Mungolo.

Mense wat graag aan die dinee wil deelneem, moet so gou moontlik hul tafel vir 26 Maart by Taste of Africa bespreek.

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!