Beleef lewende museums by die ekspo
Die Living Culture Foundation is vanjaar deel van die Namibië Tourisme Ekspo, met die Ju/’Hoansi-, Mafwe- en Mbunza van hul onderskeie “lewende” museums wat daar verteenwoordig gaan wees.
Die drie groepe uit verskillende hoeke van die land, vertoon tydens die skou hul tradisionele lewenstyl. Die lewende museums word deur sewe lede (of akteurs) verteenwoordig.
Die Ju/’Hoansi-museum is by Grashoek tussen Grootfontein en Tsumkwe geleë, terwyl die Mbunza al die pad van Rundu gekom het, en die Mafwe uit die Zambezistreek na die ekspo gereis het.
Die lewende museum kombineer drie doelwitte: Die bewaring en oordrag van tradisionele kultuur, die skepping van ’n inkomste vir die plaaslike omgewing, en die ontwikkeling van ’n kulturele en interkulturele opvoedkundige instelling.
Die Ju/’Hoansi wys besoekers hoe om ’n pyl en boog te maak en hoe om daarmee te skiet. Hulle wys ook hoe word ’n vuur op die tradisionele manier met houtstokkies gemaak. Die mans demonstreer en verduidelik hoe om klein strikke te maak om klein diere te vang. Die vroue sal hul tradisionele smuk vertoon en ook wys hoe volstruiseierdoppe hiervoor gebruik word.
Die Mafwe demonstreer hoe mahangu gestamp word en hoe maandjies en sitmatte uit riet gevleg word. Hulle wys ook hoe tradisionele strikke en smuk gemaak word.
Die Mbunza demonstreer hoe tradisionele stene gemaak word en stel ook hul vaardighede as ystersmede en pottebakkers ten toon. Hulle deel ook graag hul tradisionele !Ku-speletjie – wat as Afrika-skaak bekend staan. Al drie groepe vermaak deurentyd ekspo-besoekers met tradisionele sang en danse en sit ook hul tradisionele disse voor.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie