Beleggers, gordel vas vir 2017 se wipwarit
Beleggers het 'n wisselvallige rit in 2016 gehad en die meeste sal gou daarvan wil vergeet, hoewel 2017 moontlik ook 'n wipwarit kan wees.
So, waarvan moet beleggers vanjaar bewus wees?
John Gilchrist en Grant Watson, medeboetiekhoofde van Old Mutual Customised Solutions (OMCS), gee vyf tendense:
1. Kapitaalbeskerming en risikobestuur
Beleggers word toenemend versigtig teen 'n agtergrond van ongekende politieke onsekerheid en wisselvalligheid op finansiële markte.
Hoekom?
Dit wil voorkom of internasionale en plaaslike makro-ekonomiese risiko's teen 'n angswekkende koers toeneem, veral die afgelope jaar. Gevolglik gaan beleggers soek na risikobestuur wat verder gaan as die relatief eenvoudige diversifikasie wat deur 'n gebalanseerde fonds gebied word.
Die finansiële krisis van 2008-'09, waar die gemiddelde gebalanseerde fonds 22% verloor het, het dit duidelik gemaak dat diversifikasie alleenlik nie voldoende is om kapitaal gedurende 'n beermark te beskerm nie.
In hierdie omgewing van hoër risiko is die voordele van kapitaalbeskerming, en die beduidende voordele wat met saamgestelde groei saamgaan vanaf 'n hoër basis na 'n tydperk van kapitaalbeskerming, belangrik vir die meeste slim beleggers.
2. Indeksfondse raak al hoe gewilder
Indeksfondse word toenemend as 'n lewensvatbare en kostedoeltreffende beleggingsopsie vir Suid-Afrikaners beskou.
Hoekom?
Sowat 75% van Suid-Afrikaanse aandelefondse het die afgelope jaar slegter gevaar as die S&P South African Domestic Shareholder Weighted-indeks*.
Hierdie voortslepende onderprestasie laat beleggers elders kyk as slegs die dienste van aktiewe batebestuurders.
Die nasionale tesourie het die koste van spaar- en beleggingsprodukte in die aftreebedryf hersien en omdat indeksbeleggings inherent goedkoper is, stel konsepwetgewing voor dat alle verstekbeleggingsportefeuljes indeksbeleggings as deel van hul beleggingstrategie moet oorweeg.
* SPIVA Statistics and Reports. Syfers soos op 31 Desember 2015 (ná aftrekking van gelde).
3. Geld vloei na 'smart beta'
Aansienlike bedrae geld vloei na fondse wat beleggers blootstelling gee aan slim-beta-fondse (smart beta-fondse).
Dit is iets tussen aktiewe batebestuur en indeksbestuur en verwys na indekse wat geskep is om die alfa- of risiko-premie te kry wat aktiewe bestuurders gewoonlik op 'n aktiewe manier uit die mark probeer kry.
Hoekom?
Navorsing is besig om alfa te ontsluier en wys dat baie daarvan vanweë faktorblootstelling is.
Beleggers kan blootstelling kry aan faktore soos waarde, grootte, momentum en gehalte deur goedkoper, sistematiese slim-beta-produkte.
Dit beteken dat eerder om aktiewe bestuurders hoë bestuursgelde te betaal om beter te presteer as 'n indeks, kan beleggers kombinasies van slim-beta-fondse gebruik om soortgelyke bruto opbrengste te kry, maar teen 'n laer koste.
Gilchrist en Watson glo daar is 'n plek vir passiewe beleggings slim-beta-produkte en fundamentele aktiewe beleggings en 'n kombinasie van die drie benaderings sal die beste netto risiko-aangepaste opbrengs lewer.
4. ESG beleggingsindekse
Meer beleggers neem omgewing-, maatskaplike en korporatiewebestuursbeginsels (environmental, social and corporate governance – ESG) in ag in hul beleggingsbesluite en gevolglik is daar toenemend ESG-indekse en -produkte in die mark. Dié tendens gaan na verwagting aansienlike groei oor die volgende paar jaar ervaar.
Hoekom?
In die verlede was maatskaplik verantwoordelike beleggings sinoniem met etiese beleggings, wat beteken het dat sekere “ongewenste” sektore uitgesluit is.
Die benadering het nou verander, van een wat sektore vermy wat “skade doen”, na een wat volhoubare ekonomiese ontwikkelings bevorder deur die behoeftes te balanseer van die planeet, sy mense, en die vermoë van die maatskappy om 'n wins te verdien.
Hierdie benadering maak ook goeie sakesin en navorsing wys dat goeie volhoubaarheidspraktyke 'n positiewe invloed op beleggingsvertoning het.
5. Toename in vloei van geld na multibateklasfondse wat indekse/passiewe boublokke gebruik
In 2015 het multibateklasstrategieë meer as die helfte van die netto vloei van reëlgebaseerde fondse na die batebestuursbedryf gelok* – deel van 'n tendens wat volgens alle aanduidings gaan voortduur.
* Die Vereniging vir Spaar en Belegging in Suid-Afrika
Hoekom?
Multibateklasfondse kan in verskillende bateklasse belê, wat aandele, effekte en kontant kan insluit. Dit verskaf 'n groter mate van diversifikasie.
Baie beleggers kyk na dié soort fondse om 'n belegging te gee wat laer risiko is as 'n suiwer aandelefonds, maar met groter groeipotensiaal as 'n suiwer effektefonds.
Die diversifikasie van die strategie verbeter ook die potensiaal om in 'n bateklas te belê wat die beste vaar, terwyl die uitwerking van 'n slegte presterende bateklas verminder kan word.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie