Beleggers in buitelandse valutaskema eis geld
Vier-en-vyftig beleggers het sowat N$4,5 miljoen in die valutahandelaar Michael Amushelelo se rekening oorbetaal.
Kristien Kruger – Verskeie lede van die publiek wat hul geld deur 'n beweerde buitelandse valutahandelaar belê het, is geregtig op 'n terugbetaling van altesaam sowat N$6,8 miljoen, maar die aanklaer-generaal (AG) het die fondse gevries terwyl die regsgeding aan die gang is.
Die AG se saak teen die buitelandse valutahandelaar, mnr. Michael Amushelelo, is verlede week tot 10 Maart 2022 uitgestel.
Hoewel beleggers reeds hul besware by die AG en die ministerie van justisie gelug het en die Bank of Namibia (BoN) bereid was om die fondse beskikbaar te stel, het die aanklaer-generaal opdrag gegee die fondse moet gevries bly.
Sowat 54 beleggers het met 'n prokureur gekonsulteer om hul geld terug te eis.
“Ons is ontevrede omdat ons belange nie 'n prioriteit is nie en ons so lank moet wag om ons geld terug te kry,” het een van die beleggers aan Republikein gesê.
AGTERGROND
Die Namibiese polisie het 'n kriminele klag in Junie 2019 teen Amushelelo en sy sakevennoot, mnr. Gregory Cloete, vanaf die BoN ontvang en die duo is op 11 Oktober 2019 in hegtenis geneem.
Amushelelo het na bewering groot bedrae geld by lede van die publiek aangevra deur hoë opbrengste op beleggings te waarborg wat via Forex Trading gemaak sou word.
Hy het nooit enige buitelandse valutabeleggings gemaak nie, maar het die geld glo gebruik om sy uitspattige leefstyl te finansier.
Hy het deur Global Growth Investment Namibia CC geld by die publiek ingevorder met die belofte om tot 50% rente te betaal binne 'n tydperk van twee maande vanaf die datum wat die deposito gemaak is.
Na bewering het hy ander lede se deposito's gebruik om uitbetalings te maak en dit is onwettig volgens die wet op bankinstellings.
Volgens hofstukke het beleggers sowat N$4,5 miljoen belê, ongeveer N$2,3 miljoen is terugbetaal en sowat N$6,8 miljoen (N$4,5 miljoen plus 50% rente) moet as opbrengste op beleggings uitbetaal word.
Die beleggers se regsverteenwoordigers het tot 25 November om aansoek om uitsluiting (exclusion application) in te dien sodat die beleggers se fondse nie deel uitmaak van die verbeuring van Amushelelo se eiendom wat sonder vergoeding gekonfiskeer sal word nie.
Indien die aansoek onsuksesvol is, sal die beleggers se geld saam met Amushelelo se eiendom na die staat gaan.
Die AG, Amushelelo, sy regsverteenwoordigers en die beleggers se regsverteenwoordigers sal op 10 Maart vir voorverhoorverrigtinge in die hof verskyn.
– [email protected]
FOTO
Die buitelandse valutahandelaar mnr. Michael Amushelelo (links) en sy sakevennoot, mnr. Gregory Cloete. Foto Argief

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie