Beleggers sleep ReconAfrica hof toe
Alle beleggers wat tussen 28 Februarie 2019 en 7 September 2021 ReconAfrica-aandele gekoop het, kan deel word van ’n klasaksie in die VSA teen dié maatskappy.
Ronelle Rademeyer
Vermanings vroeër deur Namibië se mees ervare geoloë dat die kans op kommersieel lewensvatbare olie-ontginning in die Kavango nul is en ReconAfrica se oliesoektog niks ander as ’n “bedrogspul” is nie, kan waar bewys word indien die voornemende klasaksie in die VSA teen dié Kanadese oliemaatskappy slaag.
Dr. Chris Brown, uitvoerende hoof van die Namibië Kamer vir die Omgewing (NEC), het vroeër vanjaar aan Republikein gesê die oliesoektog is niks anders nie as ’n “groot aandelemark-bedrogspul deur ’n klein, onbekende Kanadese maatskappy wat ’n deel van die wêreld te teiken wat aan Amerikaners onbekend is nie”. Hy het gesê die land se voorste geoloë stem saam.
Dr. Roy Miller, een van dié geoloë, het dit aan Republikein bevestig en gesê die gebied kan steenkool oplewer, maar nie kommersieel ontginbare hoeveelhede olie nie.
In die klasaksie in die VSA word aangevoer die maatskappy het beleggers mislei oor die vooruitsig om olie in Namibië en Botswana te ontgin.
In hofstukke van 70 bladsye wat op 25 Oktober in ’n distrikshof in New York ingedien is, voer Eric Muller namens beleggers aan ReconAfrica en sy topbestuurders het kennis gedra van “sekere ongunstige feite” oor die maatskappy se oliesoektog en dit nie met beleggers gedeel nie.
Verder lui die stukke beleggers het finansiële skade gely toe ReconAfrica se aandeleprys gedaal het namate mediaberigte “ernstige probleme” met die maatskappy se boorplanne in die omgewingsensitiewe Kavangostreek asook sy “teleurstellende boorresultate” onthul het.
Die ander verweerders op wie die stukke beteken is, is ReconAfrica se voorsitter en uitvoerende hoof, Jay Park en Scott Evans; die voormalige en huidige finansiële hoofde, Ian Brown en Carlos Escribano; ReconAfrica se adviseur en konsultant Shiraz Dhanani; die direkteurs Mark Gerltz en James Granath; die mediawoordvoerders Claire Preece en Ndapewoshali Shapwanale asook die plaaslike omgewingskonsultant, dr. Sindfila Mwiya.
Muller voer verder aan ReconAfrica het beleggers mislei oor sy plan om onkonvensionele ontginningsmetodes (insluitend hidrobreking) te gebruik, ongelisensieerde boortoetse uit te voer, water onwettig vir sy toetsgate te gebruik en ’n “onbevoegde” omgewingskonsultant aan te stel.
Boonop word beweer ReconAfrica het nie voldoende en toeganklike inligting verskaf aan diegene wat geraak sou word deur sy eksplorasieboorwerk nie en het versuim om te openbaar dat sy belange eintlik in die Owambo-kom is, nie die Kavango-kom soos deurgaans voorgehou is nie.
Laastens word beweer dat ReconAfrica versuim het om bekend te maak te dat hy “voortdurend besig was met ongeoorloofde aandeelbevordering”.
In Oktober 2020 het National Geographic ’n artikel gepubliseer wat die potensiële omgewings- en maatskaplike impak van ReconAfrica se beplande eksplorasie-aktiwiteite onthul het, die regsgeding gaan voort. Hierin is berig oor kommer dat die boorwerk “die waterbronne van duisende mense kan bedreig en wild in gevaar stel” in ’n oorgrensbewarings- en wêrelderfenisgebied
ReconAfrica se aandeelprys het ná dié berig met 6% gedaal. In Januarie 2021 het nog ’n artikel in dié gesaghebbende tydskrif verskyn wat die aandelepryse met ’n verdere 7% laat daal het.
Bykomende mediaberigte oor die volgende maande, insluitend ’n Yale Environment 360-verslag, nog twee National Geographic-artikels, ’n berig in The Namibian en vier Viceroy Research-berigte, het beleggers nóg meer bekommerd gemaak, lui die stukke.
Die aandeleprys het met elk van hierdie berigte verder gedaal en tot finansiële skade vir beleggers gelei, word aangevoer.
Alle beleggers wat tussen 28 Februarie 2019 en 7 September 2021 ReconAfrica-aandele gekoop of dit andersins bekom het, kan hulle voor 27 Desember vanjaar by hierdie klasaksie aansluit.
ReconAfrica het intussen op 28 Oktober in ’n verklaring bekend gemaak hy gaan die saak teenstaan. “ReconAfrica sal kragtige stappe onderneem om homself teen enige sodanige eise te verdedig,” lui sy verklaring.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie