Beleggerskonferensie vir mieliedriehoek
’n Maatskappy is gestig om beleggers na Otavi, Grootfontein en Tsumeb te lok.
‘n Beleggerskonferensie vind vandeesweek op Tsumeb plaas om beleggers na die land se mieliedriehoek te lok, wat Tsumeb, Grootfontein en Otavi insluit.
Volgens mnr. Lemmy Geingob, besturende direkteur van HG TOG (Pty) Ltd., was dié gebied voor onafhanklikwording bekend vir sy reuse- mielieproduksie.
“Vandag sien ons dit nie meer nie. Dit is hoog tyd dat Namibië genoegsame mielies en ander produkte lewer en die invoer van kos sodoende verminder,” sê hy.
Volgens Geingob is HG TOG (Pty) Ltd. op die been gebring om weer op die genoegsame produksie van mielies te fokus.
HG TOG staan vir Herculean Groep van ondernemings op Tsumeb, Otavi en Grootfontein.
“Die maatskappy is ‘n manier om vooruitgang in die gebied aan te moedig.”
Geingob sê die maatskappy het sedert Mei verlede jaar met onder meer Tsumeb, Otavi en Grootfontein se dorpsrade beraadslaag.
Samesprekings is ook met die goewerneurs van die Oshikoto- en Otjzondjupastreek, die ministers van landbou, bosbou en water, finansies, stedelike en landelike ontwikkeling asook die kantoor van die prokureur-generaal gevoer.
Die beplande beleggerskonferensie begin vind vandag en môre Vrydag plaas.
“Dit is die eerste fase waartydens entrepreneurs, boere en kenners in onder meer die mynbou- en toerismebedryf idees sal wissel in ‘n poging om die mieliedriehoek se ekonomiese vooruitsig te verbeter.”
Aandag sal ook geskenk word aan die uitbreiding van en waardetoevoeging tot produkte in die gebied.
Na afloop van die konferensie sal die pad vorentoe bepaal word deur voorleggings van geïdentifiseerde produkte wat gedoen is in ag te neem, sowel as die beleggings wat nodig is om hierin te slaag.
Dít sal die weg baan om beleggers te vind wat die projek kan finansier.
Volgens Geingob ding HG TOG (Pty) Ltd. se inisiatief nie met die huidige belegging van ‘n Suid-Afrikaanse maatskappy op Tsumeb mee nie, maar ondersteun dit eerder.
Vir navrae kontak Geingob by 081 834 1415.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie