Beleggingsfirma koop belang in Debt Rescue
Beleggingsfirma koop belang in Debt Rescue

Beleggingsfirma koop belang in Debt Rescue

Estelle de Bruyn
’n Beleggingsfirma het ’n belang in die skuldberader Debt Rescue verkry.

Neil Roets, uitvoerende hoof van Debt Rescue, meen dit dui op die mate waarin skuldberading nou ’n hoofstroombedryf word.

Debt Rescue is een van die groot skuldberadingsmaatskappye in die land.

Die beleggingsfirma is Kleoss Capital, ’n private ekwiteitsfirma in swart besit en onder swart bestuur, wat beleggingsgeld gebruik om ’n belang in private ondernemings te koop.

Die grootte van die belang en die belegging is nie bekendgemaak nie.

Roets sê onderhandelinge het byna ’n jaar geduur.

Hy sê die hoofrede vir die verkoop van die belang is dat Debt Rescue nou gereed is om sy vlerke te sprei.

“Daar is miljoene mense in Suid-Afrika wat kan baat vind by skuldberading, maar die meeste van hulle weet nie van die proses nie.”

“Wat ons probeer doen, is om mense bewus te maak van die hulp wat daar is in die vorm van skuldberading.” Hy sê die Nasionale Kredietwet is eie aan Suid-Afrika en “dit is die enigste land ter wêreld waar huislenings onder skuldberading geplaas kan word”.

“Die proses kan honderde duisende mense help om nie hul huise en voertuie te verloor weens agterstallige betalings nie; maar ons moet hulle bewus maak daarvan,” sê hy.

“Die idee is om die boodskap by elke liewe Suid-Afrikaner uit te bring. Ons is reeds besig met strategieë om die doel te bereik.”

Kleoss Capital het ’n aandelefonds van R1,2 miljard onder bestuur.

Die firma is deur Hale Matsipa, Andile Keta en Zain Laher gestig.

Matsipa sê hulle belê in maatskappye wat hulle glo ’n gesonde opbrengs op hul belegging gaan lewer.

“Ons glo Debt Rescue het ’n blink toekoms en is gereed vir die volgende fase in sy lewe.” Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!