Beleggingstydbom
Beleggingstydbom

Beleggingstydbom

Jo-Mare Duddy Booysen
Verskeie plaaslike ontleders se waarskuwing dat die regering daadwerklik aan sakevriendelike beleidsrigtings moet aandag skenk en beleggersonsekerheid dringend uit die weg moet ruim, behoort en mág nie op dowe ore val nie.

Die syfers lieg nie.

Sedert die plaaslike én internasionale sakewêreld in 2016 vir die eerste keer van Namibië se voorgenome wetgewing vir swart bemagtiging (NEEEF) en beleggingsbevordering (Nipa) gehoor het, is die land se bruto vaste kapitaalvorming in vrye val.

In 2015 was die land se kapitaalvorming, of vaste investering, meer as N$50 miljard. Sedertdien tuimel dit met gemiddeld 22% elke jaar. Verlede jaar se totaal van sowat N$24 miljard is meer as die helfde minder as in 2015.

NEEEF en Nipa se aandeel in dié kapitaaldrein is massief, maar die volgende is ewe groot sondaars: Planne vir belastinghervorming, voortslepende onsekerheid oor grond en Namibië wat keer op keer gekap word oor burokratiese rompslomp wat die doen van sake bemoeilik.

President Hage Geingob het tydens die onlangse ekonomiese groeiberaad onder meer gesê NEEEF se verpligte BEE-aandeel van 25% is geskrap en dat Nipa gewysig sal word om meer beleggersvriendelik te wees.

Die spreekwoord sê belofte maak skuld. In Namibië se geval is dit die nienakoming van belofte wat skuld gaan maak.

Belegging is die enigste manier waarop ons die resessie gaan oorleef. Dit gaan werk verskaf, armoede verlig en die regering se inkomste verhoog.





Só sê ander

8 Oktober 2019

Danville Commercial News

Applause for the women who persisted

The only silver lining to be extracted from yet another report outlining sexual harassment in Springfield is the potential for further reform. When lawmakers return to the Capitol this month for the fall veto session — their first gathering following two investigations into House Speaker Michael Madigan's operations — will things be different?

The latest report on sexual harassment, released Wednesday from the office of Legislative Inspector General Carol Pope, largely mirrors the findings of an August report from an outside attorney who examined the speaker's government and political offices. Both reports concluded that top Madigan lieutenants perpetuated a work environment of harassment and bullying. Madigan, by his own admission, didn't do enough to stop it. Women got fed up.

Let's emphasise that point: Women involved in state government came forward as whistleblowers. At great personal and professional risk, they joined the #MeToo movement that swept across the nation. They outed powerful people. If change comes to Springfield with a zero tolerance policy on harassment, and a culture shift from the often-sleazy culture of inappropriate behaviour, the credit will belong to them.

• Danville Commercial News

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!