Belg trap 60 km met gebreekte knieskyf
Fietsry
Die Belgiese fietsryer Philippe Gilbert het vir 60 km met ’n gebreekte knieskyf gery om nog ’n uitmergelende skof in die Tour de France te voltooi.
Gilbert het Dinsdag tydens die 16de skof van die beroemde fietsren hard met moeder aarde kennis gemaak. Hy het lelik geval op pad af met die berugte Cold de Portet-d’Aspet, dieselfde roete waar die Italiaanse fietsryer Fabio Casartelli tydens die Tour in 1995 verongeluk het.
Gilbert (36) het om ’n skerp draai beheer verloor voordat hy teen ’n lae rotsmuur gebots en op skrikwekkende wyse in ’n ravyn omgedop het. Die bebloede deelnemer is deur omstanders terug op sy fiets gehelp om die laaste 60 km van die skof van 218 km te voltooi.
Gilbert, wat die Quick-Step Floors-span verteenwoordig, het later ’n foto van sy bene op Twitter gedeel en die skade aan sy linkerknie was duidelik te bespeur. Skanderings het bevestig hy het sy knieskyf gebreek en die besering het sy Tour vroeg tot ’n einde gebring. – Netwerk

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie