Belge teen Franse hoogtepunt van Wêreldbeker se semifinale
WB-sokker
Gert van der Westhuizen - Wat gaan die towerformule wees om die eindstryd van vanjaar se Wêreldbeker-sokkertoernooi te haal?
Flair, hegte verdediging, veggees, deursettingsvermoë, senuwees van staal, 'n goeie doelwagter?
Of 'n tikkie van alles met 'n goeie skeut geluk en 'n TV-blaser met skerp oë?
Dié vrae sal vanaand en Woensdagaand in die halfeindronde beantwoord word nadat Frankryk, België, Engeland en Kroasië tot die halfeindronde deurgedring het.
Frankryk, wat Uruguay met 2-0 gekop het, pak België, wat Brasilië met 2-1 uitgeskakel het, vanaand in St. Pietersburg.
Engeland, wat 'n verbeeldinglose Swede met 2-0 geklop het, pak Kroasië, wat Rusland ná 'n dramatiese kragmeting in 'n strafdoelstryd met 4-3 geklop het, môre in Moskou.
Twee voormalige kampioene teen twee spanne wat nog nooit verder as die halfeindronde gevorder het nie.
Maar geskiedenis gaan nie veel tel nie. Frankryk was laas in 1998 wêreldkampioen en Engeland baie, baie lank gelede in 1966.
Daar is geen twyfel nie dat Engeland die maklikste pad tot in die halfeindronde gehad het. Hy het gewen wanneer hy moes sonder om werklik enigiemand behalwe sy jingoïstiese poniepers te oortuig.
Hy het met die hulp van sy bekwame doelwagter, Jordan Pickford, ook genoeg doelpogings gekeer om te oorleef.
Kroasië gaan egter taaier teenstand bied as spanne soos Panama, Tunisië en Colombia.
Al wat teen die Kroate kan tel, is twee uitmergelende agtereenvolgende wedstryde van langer as twee uur wat eers met strafdoelstryde beslis is.
Boonop behoort daar kommer te wees oor die beserings van die dapper doelwagter Danijel Subašic en die doelskieter Mario Mandžukic.
Anders as Engeland en Kroasië, was België en Frankryk nog nie in strafdoelstryde betrokke nie, omdat hulle doele in kritieke stadiums aangeteken het.
Frankryk was eenvoudig briljant teen Argentinië, maar het homself nie teen Uruguay ooreis nie. Dit was nie eens nodig om die 19-jarige sensasie Kylian Mbappe te veel in te span nie en doelwagter Hugo Lloris se goeie keerwerk het Uruguay se skrale hoop verydel.
België het in die uitkloprondes twee van die mees opwindende wedstryde sover gewen. Hy het onverwagse strawwe teenstand van Japan gekry en moes 'n agterstand van 0-2 uitwis en het eers in die 94ste minuut die wendoel aangeteken.
Daarna het België klaargespeel met Brasilië – talle kenners se gunsteling om die Wêreldbeker te wen. Kenners het België nie veel van 'n kans gegee nie, maar Roberto Martínez, die Rooi Duiwels se afrigter, het sy strategie verander en Brasilië heeltemal onkant betrap met blitsige aanvalle.
Sterre soos Kevin de Bruyne en Romelu Lukaku het hul kant gebring en Thibaut Courtois was 'n reus in die doelhok.
Marouane Fellaini en Nacer Chadli het hul veelsydigheid onderstreep deur op die verdediging uit te blink en het daarmee ook die gehalte van België se reserwekrag beklemtoon.
Te oordeel na wat tot dusver in die uitkloprondes gebeur het, behoort die kragmeting tussen België en Frankryk die hoogtepunt van die halfeindronde te wees.
Dis eintlik jammer hulle ontmoet mekaar nou al, want albei verdien 'n plek in die eindstryd.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie