Beloning van N$1 miljoen in rasseherrie
Telekommunikasiemaatskappy gretig om vermeende skoorsoeker vas te trek
Augetto Graig - Paratus Telecom het ’n beloning van N$1 miljoen uitgereik aan enigiemand wat inligting kan verskaf wat tot die vervolging en skuldigbevinding kan lei van die vermeende onrusstoker wat glo ’n rassistiese e-pos namens mnr. Rigardo Kuhn, ’n Canocopy-tegnikus, aan sy bestuurder, mnr. Werner Lassen, gestuur het.
Canocopy behoort aan die Paratus-groep en verskaf Ricoh-produkte aan die Namibiese mark.
Volgens mnr. Barney Harmse, uitvoerende hoof van die Paratus-groep, het Kuhn beslis nie die e-pos geskryf of gestuur nie en druis die inhoud van die boodskap teen die kultuur van die Namibiese telekommunikasiegroep in.
Harmse sê ’n interne ondersoek het getoon die e-pos is afkomstig van ’n bedienerrekenaar in Amerika.
“Dit is so maklik om ’n e-pos namens iemand anders te stuur en om iemand tegnies na te boots,” sê Harmse.
“Ons vertrou die e-pos is nie deur Kuhn gestuur nie,” het hy gesê.
Die e-pos lees: “Hi Werner. Het drie tegnikuste gekry. Almal blanke outjies soos Werner gevra het. Ons sal mooi werk volgende jaar. Een ras, een nasie, no bullshitters. Kom volgende week vir onderhoud wanneer Werner terug is. Groete.”
Harmse sê sedert die e-pos verlede Woensdag op sosiale media versprei is, het die maatskappygroep heelwat negatiewe reaksie ontvang. Slegs enkele sosialemediagebruikers het die egtheid van die e-pos bevraagteken.
“Ons kultuur spreek vanself,” het hy gesê en bygevoeg ná 15 jaar is die maatskappy trots op hul prestasies.
Harmse het gesê dit is hartseer en teleurstellend dat mense glo die kwaadwillige e-pos is eg en dat dit versprei word.
“Ons weet nie hoekom iemand so iets sou doen nie. Wat was die bedoeling? Wie baat by die beskadiging van ons reputasie?” het hy gesê.
“Ons wil die bron daarvan opspoor.”
Harmse wou nie kommentaar lewer oor gerugte dat die maatskappy regstappe teen een van hul werknemers oorweeg nie, maar het wel gesê as iemand van binne die maatskappy iets verkeerd gedoen het, Paratus se menslike hulpbronnedepartement verplig sal wees om die maatskappy se protokol te volg.
“Ons sal binne die wet optree,” het Harmse gesê, maar bygevoeg dat hulle die toepaslike klagtes teen die skuldige sal lê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie