Belowende driemanskap met kontrakte beloon
Met die ICC se WCL2-reeks wat vroeg volgende jaar in alle erns afskop, het Krieket Namibië drie van sy belowendste talente vir sy aanslag nader getrek.
Tielman van Lill
Nicol Loftie-Eaton, Jan-Izak (Jaiz) de Villiers en Mauritius Ngupita is drie van Namibië se nasionale o.19-spelers wat deur Krieket Namibië vir hul harde werk en toewyding beloon is.
Dié drie musketiers het Namibië vroeër vanjaar met onderskeiding tydens die kwalifiserende ronde van die Internasionale Krieketraad(ICC) se o.19 Wêreldbeker in Windhoek verteenwoordig. Al drie spelers het kontrakte vir 2020 ontvang en sal deel van die senior nasionale span se internasionale eendagwedstrydgroep wees.
Ngupita is as die beste bouler van die o.19-Wêreldkrieketliga 2-kampioenskap aangewys terwyl Divan la Cock as die beste kolwer na vore getree het.
Die belowende en talentvolle drietal het pas met matriek klaargespeel en sal volgende jaar voltyds hul gewig by die Eagles kan ingooi. De Villiers (Wanderers), Loftie-Eaton en Ngupita (CCD Tigers) is reeds gesoute klubspelers wat waardevolle bydraes vir hul onderskeie klubs se eerste spanne lewer.
Die Eagles sal vroeg in Januarie in'n driehoekreeks in Oman teen die gasheer en die Verenigde Arabiese Emirate koppe stamp waar hulle die drie jong Turke met oorgawe kan inspan. Met hul overskrokke jeugdigheid kan die Eagles 'n onbekende faktor in Oman en na die spel bring.
Robert de Villiers, pa van Jaiz, vertel meer oor De Villiers junior se benadering. “Hy is vasberade om die vertroue wat KN in hom getoon het, te beloon. Hy oefen ongelooflik hard en gaan nie eers saam met ons met vakansie nie. Die man bly in Windhoek om te oefen en sien geweldig uit na die toernooi wat in Oman voorlê.
“Hulle gaan op 1 Januarie fiksheidstoetse aflê en dan vertrek hulle op 3 Januarie na Oman waar hulle vanaf 6 tot 13 Januarie hul man sal staan,” het De Villiiers aan Republikein gesê.
Pierre de Bruyn, hoofafrigter van die Eagles, is opgewonde oor die drie jeugdige spelers.
“Ek is werklik ingenome en opgewonde om dié drie manne as professionele sportmanne by die Eagles te verwelkom. Al drie van hulle beskik oor unieke vaardighede en spesialiteite wat tot die balans van ons groep sal bydra.
“Hulle het baie potensiaal gewys, hard gewerk, en is met beginnerskontrakte vir 2020 beloon. Ek sien uit om deel van hul krieketreis te wees deur hulle met raad by te staan om internasionale sterre te word.” het De Bruyn
gesê.- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie