Bemagtig kinders deur lees
Unic skenk boeke
Die Verenigde Nasies (VN) se Inligtingsentrum (Unic) in Windhoek het verlede Dinsdag deur middel van die Nasionale Biblioteek en Nasionale Argiewe (NLAS) van Namibië boeke aan die ministerie van onderwys, kuns en kultuur geskenk.
Die ministerie het hierdie inisiatief weens ’n tekort aan leesboeke in skoolbiblioteke van stapel gestuur. Die projek strook met die nasionale One Child, One Book-leesveldtog in samewerking met Unic.
Unic het boeke ter waarde van N$12 000 geskenk, wat onder meer fiksie en niefiksie insluit, asook 100 afskrifte van Frieda and the Sustainable Development Goals, ’n boek wat deur die VN se Windhoek-tak geskryf is en ook internasionaal beskikbaar is.
Me. Namutenya Hamwaalwa, adjunkdirekteur van NLAS, het gesê: “Die One Child, One Book-veldtog is ’n splinternuwe projek wat deur NLAS begin is met die doel om Namibiërs se waardering vir boeke te bevorder. Hierdeur wil ons ’n leeskultuur in veral laerskole skep.”
Sy sê die veldtog wil ongeletterdheid beveg, en bewustheid van die belangrikheid van lees onder leerlinge, onderwysers en ouers skep.
“Unic se bydrae tot skoolbiblioteke is van onskatbare waarde en fundamenteel vir onderwys. Dit bied die geleentheid om inligting as kennis te gebruik, om kreatiwiteit aan te wakker, en speel ’n belangrike rol in die voorsiening van gehalte-onderrig,” het Hamwaalwa gesê.
Me Anthea Brown, hoof van Unic in Windhoek, sê ’n vroeë leeskultuur moedig lewenslange leer aan en stel kinders in staat om verantwoordelike burgers te word.
“Frieda and the Sustainable Development Goals gaan ’n belangrike rol speel om jong kinders aan te moedig om ’n rol in die verwesenliking van hierdie doelwitte te speel,” sê sy.
Me. Sarah Negumbo, direkteur van NLAS, het biblioteke se rol in die bereiking van volhoubare ontwikkelingsdoelwitte (SDG) beklemtoon.
“Ons doel as biblioteke is om bewustheid van hierdie doelwitte onder die publiek te bevorder. Deur hierdie skenking sal bewustheid van volhoubare ontwikkelingsdoelwitte onder jong leerlinge bevorder word.”
Me Hellen Spango, bibliotekaris by die Nasionale Biblioteek en Nasionale Argiewe, het boeke tydens die oorhandiging voorgelees en gesê lees skep oneindige moontlikhede.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie