Bendeverkragting op Khorixas: Drie skuldig
Regter sê slagoffer se getuienis is geloofwaardig
Jacqueline Louw
Regter Alfred Siboleka het die drie mans skuldig bevind aan drie klagte elk wat verband hou met die verkragting van ’n 17-jarige meisie op 13 Mei 2010. Een van die beskuldigdes was 16 jaar oud ten tyde van die misdaad en die ander twee was 17 jaar oud.
Die beskuldigdes het onskuldig gepleit, maar die regter het bevind die jong vrou se getuienis ter stawing van haar klag dat die drie beskuldigdes haar seksueel aangerand het, is geloofwaardig. So ook die getuienis wat gelewer is deur ’n man wat haar te hulp gesnel het.
Die voorval het plaasgevind nadat die klaer en die oortreders saam by ’n kroeg in Khorixas alkohol gedrink het. Hulle het later die kroeg verlaat en buite die kroeg het die eerste beskuldigde die klaer gegryp en na plek naby ’n kerk gesleep. Hy het haar op die grond vasgepen en terwyl sy probeer ontsnap het, het die ander twee beskuldigdes op die toneel aangekom en gehelp om haar teen die grond vas te druk terwyl die eerste beskuldigde haar verkrag het. Die beskuldigdes het mekaar daarna gehelp om die slagoffer vas te hou terwyl hulle haar om die beurt verkrag het.
’n Getuie het aan die hof vertel hoe hy tot die klaer se redding gekom het toe hy haar om hulp hoor skree het. Die tweede beskuldigde is op heterdaad betrap terwyl die ander twee weggehardloop het.
Na die aanhoor van al die getuienis het regter Siboleka tot die slotsom gekom dat die eerste en die derde beskuldigdes die persone was wat weggehardloop het toe die getuie op die toneel aangekom het en die tweede beskuldigde in die verkragtingsdaad betrap is.
Adjunk-aanklaer-generaal Jackson Kuutondokwa het die staat verteenwoordig en prokureurs Monty Karuaihe, Milton Engelbrecht en Johan van Vuuren het namens die beskuldigdes opgetree.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie