Benut die deurbrake
Benut die deurbrake

Benut die deurbrake

Dani Booysen
Die uitvoering van die eerste plaaslike gehoorinplantings deur ‘n span Suid-Afrikaanse deskundige by die Lady Pohamba Private Hospitaal in Windhoek is nog ‘n belangrike mediese en tegnologiese tree vooruit vir Namibië.

In ‘n gebaar van goeie wil het MEDEL Implant Systems twee van die implantings geskenk.

Hierdie lewensveranderende sjirurgie is duur, maar is beslis ook iets wat die bystandsfonds vir staatspasiënte kennis van moet naam in gevalle met meriete. Vir kinders wat doof gebore is, kan vroeg ‘n heel nuwe wêreld oopgaan.

Dit was nie baie lank gelede dat Namibiërs, soos met gehoorinplantings, ook nog na Suid-Afrika of ander lande vir hartoperasies moes reis nie. Sedertdien is meer as een harteenheid in die hoofstad gestig. Soortgelyke deurbrake is ook al op ander mediese gebiede gemaak.

Vandag het die land ook sy eie mediese skool.

Om ons eie spesialisdokters, -teaterspanne, -verpleegsters en ondersteunende deskundiges in hierdie velde te ontwikkel, gaan natuurlik nie oornag gebeur nie. Namibië se bevolking is baie klein, buiten vir heersende skaarshede op talle gebiede.

Dit beteken nie ontwikkelingsbeplanners in diens van die staat of in die private sektor moet agteroor sit en aanvaar dat ons vir ewig van buitelandse spesialiste afhanklik gaan wees nie.

Deurbrake ontstaan danksy die visie om iets nuut hier te doen. Die tweede stap is om dit selfstandig te doen.

‘n Lang pad, ja. Maar een wat ons moet stap.

So sê ander

6 April 2018

Donald Trump gets his trade war

The United States and China are now in a trade war.

The foot soldiers in this kind of action – import duties – are being massed on each country’s borders. The question is, will the duties be deployed, or is a negotiated peace still possible?

If any person other than Donald Trump were U.S. President, the answer would be yes. But his unpredictable and resentful nature forces us to downgrade to maybe.

The U.S. has legitimate beefs with China’s trade practices. But Mr. Trump can’t afford to be stubborn and alienate voters in farming and manufacturing states whose products are being targeted by China’s duties.

Beijing doesn’t worry about elections or voters, but it is just as vulnerable to the harm caused by a drawn-out trade war.

More broadly, the global economy is humming along. Why pull the handbrake on it?

• THE GLOBE AND MAIL

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!