Bepalings vir ‘Unlocked’-reeks
Rugby
Tinus van Staden – Die Haaie en die Leeus sal die reeks om die Superrugby “Unlocked”-trofee op 9 Oktober in Durban afskop.
Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het Maandag die bepalings vir dié reeks bekend gemaak, waarin die vier Superrugby-spanne saam met die Cheetahs, Griekwas en Pumas slaags sal wees.
Die Superrugby “Unlocked”-reeks duur tot 21 November, met elke span wat een keer teen elke ander span sal speel. Die span wat daarna boaan die puntelys is, wen die “Unlocked”-trofee.
Elke span sal sy punte oordra na ’n tweede ronde van wedstryde, waarin die spanne om die Curriebeker-reeks sal meeding. Die bepalings van die Curriebeker-reeks sal eersdaags bekend gemaak word.
Die Curriebeker-reeks sal op die naweek van 28 November begin, met die laaste ronde van ligawedstryde wat op 9 Januarie 2021 beslis sal word. Op 16 Januarie sal daar halfeindstryde plaasvind, met die eindstryd wat op 23 Januarie gespeel sal word.
Jurie Roux, Saru se uitvoerende hoof, sê dit was ’n uiters uitdagende tydperk vanweë die Covid-19-pandemie, wat rugby in Maart in sy spore gestuit het en dat hulle opgewonde is om nou weer rugby te kan aanbied.
“Ons moes ’n paar groot formaatveranderinge aanbring en na kreatiewe maniere kyk om aan (alle belanghebbendes) se behoeftes te voldoen, maar ons dink dat ons tussen nou en die einde van die seisoen – wat eers in Januarie 2021 sal wees – opwindende rugby sal opdis, wat die ondersteuners opnuut sal vermaak,” sê Roux.
• Die bepalings vir die nasionale o.21-reeks, waarin slegs die Vrystaat, Haaie, Bulle, Westelike Provinsie en Leeus in aksie sal wees, is ook reeds bekend.
Al die wedstryde in dié reeks vind op Ellispark in Johannesburg plaas.
Die WP en Bulle skop dié reeks komende Saterdag (3 Oktober) af, met die Vrystaat en Leeus wat mekaar ook Saterdag pak. Die o.21-eindstryd word op 30 Oktober beslis.
Bepalings vir die Superrugby “Unlocked”-reeks:
VRYDAG 9 Oktober, 19:00 Haaie tn Leeus, Durban. SATERDAG 10 Oktober, 16:30 Cheetahs tn Pumas, Bloemfontein; 19:00 Bulle tn Griekwas, Pretoria.
VRYDAG 16 Oktober, 19:00 Cheetahs tn Bulle, Bloemfontein. SATERDAG 17 Oktober, 16:30 Griekwas tn Pumas, Kimberley; 19:00 Stormers tn Leeus, Kaapstad.
VRYDAG 23 Oktober, 19:00 Pumas tn Stormers, Nelspruit. SATERDAG 24 Oktober, 16:30 Leeus tn Cheetahs, Johannesburg; 19:00 Bulle tn Haaie, Pretoria.
VRYDAG 30 Oktober, 19:00 Leeus tn Griekwas, Johannesburg. SATERDAG 31 Oktober, 16:30 Pumas tn Haaie, Nelspruit; 19:00 Bulle tn Stormers, Pretoria.
VRYDAG 6 November, 19:00 Haaie tn Cheetahs, Durban. SATERDAG 7 November, 16:30 Griekwas tn Stormers, Kimberley; 19:00 Leeus tn Bulle, Johannesburg.
VRYDAG 13 November, 19:00 Griekwas tn Haaie, Kimberley. SATERDAG 14 November, 16:30 Leeus tn Pumas, Johannesburg; 19:00 Stormers tn Cheetahs, Kaapstad.
VRYDAG 29 November, 19:00 Bulle tn Pumas, Pretoria. SATERDAG 21 November, 16:30 Cheetahs tn Griekwas, Bloemfontein; 19:00 Haaie tn Stormers, Durban.
– Netwerk24
FOTO
Die Haaie en die Leeus skop die Superrugby Unlocked-reeks oor twee weke in Durban af. Hier beur die Leeus se Marnus Schoeman in 2019 op Kingspark deur ’n paar Haaie-verdedigers. Foto Gallo Images

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie