Beperking op Erindi-permit onwettig
Elvira Hattingh
Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, asook dié ministerie se permanente sekretaris, dr. Malan Lindeque, het ’n onwettige beperking op ’n permit geplaas.
Die permit moes Erindi-wildreservaat in staat stel om ’n wildveiling op Saterdag 2 April, te hou.
Ná ’n dringende aansoek deur Erindi en nog drie partye in die hoërhof, is Dinsdag bevind dat die permit wat aanvanklik op 22 Maart uitgereik is, verkeerdelik gekanselleer is. Boonop is dit op 29 Maart, enkele dae voor die veiling moes begin, met nuwe permitte vervang, sonder dat Erindi oor die kwessie geraadpleeg is.
Regter Justice Parker het ook bevind die beperking in die nuwe permitte dat geen wild, wildsvleis of -velle onder die ouderdom van ’n jaar verkoop mag word nie, onwettig is en dat die ministerie nie by magte was om dit in te stel nie.
Die aansoekers was Erindi-wildreservaat, Wildlife Ranching Namibia, Johannes Bredenkamp en Johannes Kotze wat deur adv. Raymond Heathcote verteenwoordig is.
Parker het toegegee dat artikel 47(1)(a) en (b) van die Natuurbewaringsordonnansie van 1975 dié beperking bevat, maar dat sekere uitsonderings geld.
Hy het gesê dat “plase” en “stukke grond” aan verskillende voorwaardes moet voldoen om vir dié uitsondering in aanmerking te kom.
Hy het beslis dat dit verkeerd was om eienaars van ’n plaas te probeer dwing om aan die vereistes van eienaars van ’n stuk grond te voldoen, ten einde toestemming te kry om wild jonger as ’n jaar te verkoop.
“Die eienaar of huurder van ’n plaas wat met ’n wildwerende heining toegespan is, mag enige wild, wildsvleis of velle verkoop wat van die plaas afkomstig is, solank die ministerie toestemming daartoe verleen.
“Dieselfde geld vir ’n eienaar of huurder van ’n stuk grond wat nie ’n plaas is nie, maar minstens 1 000 ha groot is en met ’n wildwerende heining toegespan is. In dié geval mag die ministerie voorwaardes stel.
“In die geval van ’n plaas is die enigste voorwaarde dat dit met ’n wildwerende heining toegespan moet wees.
Dit word nie betwyfel dat Erindi so omhein is nie en ook nie dat die wild ter sprake van Erindi self afkomstig is nie,” het Parker gelas.
In die hofbevel is ’n interdik teen die minister asook die permanente sekretaris uitgereik waarin hulle verbied is om die woorde “die permit is nie van toepassing op wild wat in kampe kleiner as 1 000 ha aangehou word nie”, te gebruik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie