Beperkings bedreig vrye media
Ter viering van Wêreldpersvryheidsdag Donderdag het die Media-instituut van Suider-Afrika (Misa) hulde aan alle joernaliste en mediawerkers gebring.
Volgens ‘n verklaring deur die direksievoorsitter van die Misa-trust, mnr. Luckson Chipare, werk baie joernaliste steeds in uitdagende omstandighede om nuus en inligting aan burgerlikes te bring wat hulle in staat sal stel om ingeligte besluite te neem.
“In 2017 was Misa die getuie van die beperking op openbare ruimte oral in Suider-Afrika asook die erosie van die reg tot vryheid van spraak.
“Dit word ongelukkig vererger deur die media se stryd om ekonomiese oorlewing en om relevant vir lesers te bly. Al te dikwels word die media en die kritieke rol ontken wat dit speel om diegene met mag aanspreeklik te hou,” sê Chipare.
Misa waarsku in sy oorsig oor die stand van die media in 2017 oor omstandighede in Tanzanië en Zambië waar dinge skeefgeloop het.
Die Zambiese politieke en maatskaplike landskap is volgens Misa besaai met voorvalle wat wissel van die dood van ‘n student van die Copperbelt Universiteit tydens ‘n betoging, die bombardering van ‘n media-huis in private besit, tot die verklaring van ‘n noodtoestand ná ‘n reeks brandstigtingsaanvalle op staatsinstansies.
Pres. John Magufuli se ingryping ná kritiek word as “sowel subtiel as openlik” beskryf. Magufuli se fiskale beleidsbesluite wat tot die versterking van die ekonomiese sektor gelei het, maak dit moeilik vir menseregtevoorspraakmakers om steun te kry.
Burgerlikes en belanghebbendes sien beperkinge op vryheid van uitdrukking en mediavryheid oor. Misa beskuldig die Zambiese staatshoof daarvan dat hy wetgewing as regulering verskans en sodoende stelselmatig die ruimte om menings te lug aan bande lê. In die proses word ‘n polisiestaat gevestig.
Namibië word geluk gewens met die aanvaarding van die beginsel van multi-belanghebbendes met die eerste internet-staatsbestuurforum wat aangebied is.
“Staatsbestuur en die internet raak ons almal, en elkeen behoort ‘n bydrae te lewer oor hoe dit gereguleer word,” sê Chipare.
“Met die herdenking van Wêreldpersvryheidsdag vanjaar bly Misa bewus van die nuwe uitdagings wat met politieke ontwikkelings, tegniese vooruitgang en nasionale veiligheidskwessies gepaard gaan. Dit bring mee dat voorspraakmakers vir mediavryheid voortdurend in ‘n stryd gewikkel is om dit te behou en te verbeter.
“Ons het kennis geneem van die toename in fel kritiek deur politici op die media. Dit moedig selfsensuur aan en ondermyn die geloofwaardigheid van die media.
“Ons bly bekommerd oor wetgewing wat vryheid van uitdrukking, aanlyn en aflyn, in Zimbabwe, Angola, Tanzanië, Suid-Afrika, Mosambiek en Malawi aan bande lê. Dit word onder die voorwendsel van beskerming van burgerlikes teen kubermisdaad en die versterking van hul regte tot privaatheid gedoen terwyl die eintlike bedoeling is streng monitering van die internet en beheer oor die inhoud wat op sosiale mediaplatforms gepubliseer word.
“Daar is ‘n misplaaste indruk dat dit hoofsaaklik die media sal raak, maar hierdie soort beheer sal ook ‘n negatiewe invloed op alle burgers hê aangesien dit hul reg op vryheid van spraak sal beperk,” sê Chipare.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie