Beplanningsraad begin agterstand inhaal
Die raadslede is bekend gemaak en die stedelike en streekbeplanningsraad se sekretaris sê hulle vorder goed om uitstaande sake af te handel.
Augetto Graig – Die stedelike en streekbeplanningsraad is in September 2020 in die lewe geroep om die goedkeuring van ontwikkelingsprojekte spoediger af te handel, en die eertydse Namibiese beplanningsadviesraad (Nampab) en die nedersettingsraad te vervang.
Sedert hul aanstelling het die 15 hooflede, of hul plaasvervangers, reeds in 2020 vyf keer vergader. Die raad wat verantwoordelik is vir grondbestuur en dorpsbeplanning het op 17 Februarie vanjaar bymekaargekom.
Volgens mnr. Tobias Newaya, die raad se sekretaris, kon hul ’n agterstand wat veroorsaak is deur die ontbinding van Nampab en die nedersettingsraad, begin inhaal.
Volgens hom ontvang die raad omtrent 50 aansoeke per maand en daar is prosedures waardeur aansoeke gaan voor dit vir besluitneming aan die raad voorgelê word. Hy sê dit word dan aan die minister vir goedkeuring ter tafel gelê.
“Verskeie aansoeke is op aanbeveling vir die minister se goedkeuring,” sê Newaya.
Die voorsitter van die raad is mnr. Lameck Uyepa en dit sluit in regeringsamptenare mnre. Ndilipunye Shanyengana (landmeter-generaal), Daniël Beukes (akteregistrateur) en Timoteus Mufeti (omgewingskommissaris).
Me. Itah Kauiho Andreas-Ndjarakana se plaasvervanger is me. Saima Lely Angula en hulle verteenwoordig die Nasionale Beplanningskommissie (NPC).
Me. Frieda Andreas kan ook vir Uyepa in staan om die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling te verteenwoordig.
Verder dien mnr. Canicius Petrus Nangolo names die ministerie van landbou, water en grondhervorming op die raad, met mnr. Chirstof Mujetenga as sy plaasvervanger. Mnr. Alfred Sikopo is ’n lid van die advieskomitee oor grondhervorming en dien nou ook op die beplanningsraad met mnr. Ben Haraseb as sy plaasvervanger.
Namens die ministerie van werke en vervoer dien mnr. Franco Uirab op die beplanningsraad met mnr. Penda Negonga as plaasvervanger, terwyl mnr. Israel Hasheela die ministerie van myne en energie verteenwoordig, met mnr. Ralph Muyamba reg om in te staan as hy onbeskikbaar is.
Me. Petite Hester Spall is die waterkenner op die raad met mnr. Oscar Shaningwa wat haar kan aflos, en me. Petrine Sem verteenwoordig die raad van dorp- en streekbeplanners met mnr. Browny Mutrifa as haar plaasvervanger.
Mnr. Vernouman Endjala dien namens die Vereniging van Plaaslike Owerhede in Namibië (ALAN) met mnr. Nathanael Areseb as haar plaasvervanger. Me. Dimari van Rensburg is die raadslid wat die vereniging van streekrade verteenwoordig met me. Geraldine van Rooi as haar plaasvervanger terwyl Goas Juliane Gawa-!Nas die tradisionele owerheidsraad verteenwoordig met hoofman Tjinaani Maharero as plaasvervanger.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie