Berader terug by werk nu00e1 beweerde verkragting
Berader terug by werk nu00e1 beweerde verkragting

Berader terug by werk ná beweerde verkragting

Mnr. Markus Kaundu, 'n maatskaplike werker op Nkurenkuru, word daarvan beskuldig dat hy 'n minderjarige verkrag en swanger gemaak het.
Kenya Kambowe
Kenya Kambowe op Rundu – Die 42-jarige maatskaplike werker wat daarvan beskuldig word dat hy 'n 16-jarige meisie verkrag en swanger gemaak het ná sy aan hom toevertrou is vir berading, is enkele dae nadat borgtog van N$5 000 aan hom toegestaan is, terug by die werk in Kavango-Wesstreek.

Die woordvoerder van die ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, mnr. Lucas Haufiku, het dit bevestig en gesê mnr. Markus Nairenge Kaundu is terug op sy pos – onderhewig aan die menslike hulpbronneprosedures.

“Ek kan bevestig dat hy terug is by die werk,” het Haufiku gesê.

Hy het gesê die dissiplinêre prosedure sal afgehandel moet word voordat enige verdere stappe gedoen word.

Wat die prosedure betref, sal interne prosedures aan die gang moet wees voordat die saak met aanbevelings van die ministerie na die kantoor van die eerste minister verwys word.

Kaundu, 'n maatskaplike werker op Nkurenkuru, word daarvan beskuldig dat hy die minderjarige meisie verkrag en swanger gemaak het. Dít ná sy aan hom toevertrou is vir berading nadat sy in 'n afsonderlike voorval ook verkrag is en op net 14 geboorte geskenk het. Die meisie is nou swanger met haar tweede kind.

Kaundu is op 19 Oktober vanjaar in hegtenis geneem. Volgens die polisie het Kaundu alle aantygings teen hom ontken.

Hy is op borgtog van N$5 000 vrygelaat nadat hy in die rondgaande hof op Kahenge voor landdros Barry Mufana verskyn het.

Die meisie se voog het nie beswaar aangeteken toe borgtog toegestaan is nie.

Volgens die voorlopige polisieondersoek het Kaundu die meisie tussen November 2020 en Mei vanjaar verkrag. Die saak is tot 12 Januarie 2022 uitgestel.

FOTO
Die vermeende verkragter, mnr. Markus Nairenge Kaundu. Foto Facebook

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!