Berg-Op leerlinge presteer op alle vlakke

Nashville wink
Gerine Hoff
Barry de Klerk – Leerlinge van die Berg-Op Akademie sien daarna uit om in Julie vanjaar aan die Nasionale Boogskiet in Skoleprogram (NASP) se Wêreldkampioenskap deel te neem wat in Nashville, Amerika, plaasvind.
Die span, bestaande uit LJ Scholtz, Kobus Bergh, Danny José, Christie Agenbach, Melany Erasmus en Bianca Erasmus, word deur Rika Agenbach en Avelino José afgerig.
Dié groep is nie al leerders wat die skool se naam hoog hou nie.
Warren Goreseb het onlangs tweede gekom in die hoogspringafdeling by die streeksatletiekbyeenkoms op Grootfontein, met Andre Louw wat ’n derde plek ingepalm het. Jurie Human eerste gekom in die 100 m en 200 m naelloop, en in verspring. Hy het ook vir die nasionale atletiekkampioenskap gekwalifiseer en is ook gekies vir die o.13-Cravenweekspan wat in Suid-Afrika gaan deelneem.
Nog ’n presteerder is Jaco Blaauw, is vir die Namibiese o.17 rots- en branderhengelspan gekies.
By Berg-Op word daar nie net op sport gefokus nie. Leerlinge onlangs aan die Okahandja-inkopiesentrum se Paaseieruitstalling deelgeneem en die eerste plek ingepalm.
Ander planne vir die res van die jaar sluit ’n fondsinsamelingsprojek op 17 Julie in, ’n kultuurfees met kaas en wyn en goeie musiek op die spyskaart. Die geleentheid beloof om ’n sosiale aand te wees met verskillende plaaslike en internasionale disse wat bedien word en vermaak wat tradisionele danse van heinde en verre insluit.
Op Saterdag 18 Julie hou die skool ’n familiedag en potjieskoskompetisie. Beide professionele en amateursjefs kan dan hul slag kom wys. Aan die einde van die dag sal die beste potjie gekies word. Terwyl die potte op die kole is, word vermaaklike speletjies vir oud en jonk aangebied.
Vir meer inligting oor die skool en die fondsinsamelingsprojek, kontak me. Sunel Marais by die Berg-Op Akademie by 062 500 540.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!