Bergpasse opnuut in fietssaal getem
Bergpasse opnuut in fietssaal getem

Bergpasse opnuut in fietssaal getem

Bergfietsry
Die jaarlikse Marathon Sugar 3Passes bergfiets­toer was die afgelope naweek weer 'n groot sukses.

Ryers van alle ouderdomme, ongeag fiksheidspeil, het deelgeneem. Die roete het grotendeels distrikspaaie ingesluit, met die laaste dag ongeveer 33 km tweespoorpad deur drie plase.

Hoewel laasgenoemde 'n kort afstand was, is die ryers weereens getoets voordat hulle die uitdagende Spreetshoogtepas aangedurf het.

Ryers in die toer was in 'n toets teen hulself gewikkel en het probeer om hul beste afstand nóg te ry. Tyd of kompetisie is nie 'n faktor nie en ryers kan kies watter afstande hulle wil ry.

Die groep het twee dae op Rooisand Desert Lodge bestee en daar is deurentyd met warmte na hulle omgesien. Goeie diens deur hul gasheer het dit vir die ryers en hul ondersteuningsgroepe gemaklik gemaak en almal kon lekker ontspan ná 'n warm dag se fietsry.

Temperature van tot 48 grade was op Saterdag in die woestyn gemeet en dit tesame met sterk wind was vir almal 'n groot uitdaging.

“Dit was die tweede agtereenvolgende jaar dat Marathon Sugar as hoofborg betrokke was en die sesde jaar dat die toer plaasgevind het.

“Ek kan ook met trots aankondig dat Marathon Sugar wel weer hul betrokkenheid by die ­2019-toer bevestig het,” sê die toer se organiseerder, Johan Fourie.

Ander ondersteunende borge wat die toer moontlik gemaak het, was Spar Grove Mall, Santam, Cymot, CIC Holdings, Francie Gerber, Lelanie Swart en Rooisand Desert Lodge.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!