Berguitta hou reën weg
Ten spyte van 'n bolugtrog wat tans 'n band van vog oor sekere dele in die land in stand hou, meen kenners hoogstens matige reën kan in die komende dae verwag word.
Die enorme tropiese storm Berguitta wat oos van suidelike Afrika lê, is die rede waarom daar tans nie veel reën in Suidelike Afrika val nie. Tog word ligte tot matige reën vir die sentrale en noordelike dele van Namibië voorspel.
Die Namibiese meteoroloog mnr. John Olszewski het Dinsdag 'n uitkyk uitgereik waarvolgens hoogstens matige reënneerslae in die komende paar dae in 'n geïsoleerde band vanaf die Kunene en die Oshanas, suid oor die Khomas-hoogland tot in die Suide kan voorkom.
Dié buie sal na verwagting nie baie intens wees nie.
Hy sê die suidelike halfrond het 'n Intertropiese Samestromingsone (ITCZ) wat van Sentraal-Afrika af tot Zambië strek, en dat wolk- en seeoppervlaktemperature hiermee ooreenstem.
“Die algemene vooruitsig is dat die 'nuwe normale' reënseisoen voorts sal begin. Met die ITCZ wat nou van Sentraal-Afrika af tot by Zambië strek, is bogenoemde 'n billike verwagting. Dagtemperature is hoog genoeg en vogtige lug beweeg in op laer vlakke – wat hierdie voorspelling rugsteun,” sê Olszewski.
Reën in die komende paar dae sal na verwagting nie baie intens wees nie en die hoop is dat bogenoemde vertikale konveksie die antisikloonrant sal verswak wat tans oor Zimbabwe geleë is, wat sal toelaat dat vog verder kan uitbrei.
Volgens Olszewski kan dit help dat reën beter verspreid en met groter intensiteit voorkom en kan dit ook vir meer normale reëns teen die einde van Januarie sorg.
Hy is egter van mening die huidige reënpatroon kan in Januarie as gevolg van klimaatsverandering dalk Namibië se nuwe normaal wees.
“Januarie was tot dusver egter die maand waarin ons minstens 'n paar dae van verspreide tot wydverspreide buie van genoegsame intensiteit verwag.”
BERGUITTA AAN DIE SKUIF
Weather Today: Southern Africa se mnr. Frim Mike Berridge sê egter weerpatrone is besig om betekenisvol te verander.
Hy sê Berguitta beweeg tans oor Mauritius in 'n suid-suidwestelike rigting. Dit is glo betekenisvol omdat dit die Indiese hoëdrukstelsel ongewoon ver suidwaarts druk.
“Die storm het 'n massiewe hoeveelheid vogtige lug van die tropiese en ekwatoriale streke af getrek en dit word nou deur die Indiese hoëdrukstelsel na Suid-Afrika gedruk,” word berig.
“Die vog lê tans oor die Indiese Oseaan en word deur 'n laedrukstelsel oor die oostelike binneland ingetrek en kan reën bring. Die vogtige lug lê egter ongewoon suid, wat beteken dit kan ook in die Kaap reën.
“Die hoëdrukstelsel se rant, wat oor Zimbabwe gesetel is, sal voortgaan om te verhoed dat dit in die suide van Namibië, Botswana, Limpopo, die suidelike Mosambiek, Swaziland, Mpumalanga en Gauteng reën.”
Verder sê die weerdiens 'n onstabiele laedrukstelsel is oor Angola gesetel wat onstuimige weer in noordelike Namibië kan veroorsaak, met 'n sterk kans dat dit donderstorms in die namiddag kan bring.
Die moontlikheid van winderige toestande bestaan ook in die gebied.
Die professionele weervoorspeller, mnr. Sakkie Nigrini, sê Berguitta ontneem suidelike Afrika van 'n goeie geleentheid vir reën. Hy sê ook dat 'n swak bolugtrog oor die westelike binneland lê, wat 'n band van vog oor Namibië, na die Noord-Kaap en die Vrystaat in stand hou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie