Berig open ou, maar ongeneesde wonde
JOHN FREDERICKS SKRYF:
Die berig “Teen girls claim abuse at Windhoek home” in ’n Engelstalige dagblad, Vrydag 27 Oktober 2017, het my weereens laat besef dat ons “places of safety” eintlik “glorified places of hell” is, veral vir jong seuns en meisies.
Ek is in 2012 aangestel in ’n pos waarvoor ek aansoek gedoen het, deur ses persone van buite die grense van Namibië geondervra, geëvalueer en later as ’n geskikte kandidaat goedgekeur. Hierdie persone was almal volgens die betrokke organisasie deskundiges in kinderveiligheid, kindersorg, kinderwette en enigiets wat kinders betref.
Ek het heelwat navorsing omtrent die organisasie gedoen voordat ek vir die pos aansoek gedoen het. Ek moet ook vir die organisasie krediet gee dat dit heelwat agtergrondondersoek omtrent myself gedoen het voordat die aanstelling bekragtig was. Ek was toe aangestel as direkteur by een van die organisasie se oorde.
Tydens my eerste twee maande in die pos, besef ek dat wat die organisasie nastreef en wat werklik en eintlik in die oorde aangaan en gebeur, soos hemel en hel van mekaar verskil. Ná drie maande kom drie van die ses deskundiges besoek aflê om my te evalueer.
Ek deel my ervaringe met hulle, en my sterk vermoede, alhoewel ek teen daardie tyd nie bewyse gehad het, dat jong meisies en kinders oor die algemeen mishandel word.
Ek het toe as eerste beskermingsmaatreël kinders en jongmense wat nie skool gegaan het of studeer het nie se families probeer opspoor en die kinders met hul families probeer herenig. Dit opsigself was ’n bitter moeilike stryd, omdat baie families nie die verantwoordelikheid wou aanneem vir die omsien na en versorging van hul biologiese kinders nie.
In Oktober van 2012, terwyl ek met studieverlof was, bars die bom. Drie seuns, waarvan twee broers was, het begin met hul jaareindemarteling, -betasting en seksuele intimidasie van meisies in die oord.
Die meisies het hul klagte gelê by ’n personeellid wat jare voor my aanstelling werksaam by die oord was. Toe die persoon die seuns straf deurdat hulle by sy woning moet skoffel, het die meisies reg in hande geneem deur onwettig en sonder toestemming die oord te verlaat en die saak by die polisie te gaan aanmeld.
Ek was toe geroep, omdat ek in die oord woonagtig was. Ek was, as ’n voormalige, gesoute “street kid" en iemand wat volgens my eie oortuiging baie “streetwise” was, geskok oor wat direk onder my beheer plaasgevind en aangegaan het.
Dit was omtrent 20:00 toe die polisie met die meisies by die oord opdaag, en dit is toe dat ek van die polisie moet verneem dat dit nie die eerste keer was nie dat die meisies soortgelyke sake by hulle kom rapporteer het. Ek moes ook in die snikke van hul verhale verneem dat al drie die seuns twee jaar voor my aanstelling vir die verkragting van ’n jong meisie aangekla was - en dat beide die slagoffers en die beweerde oortreders nog steeds in die oord woon het.
Daardie seuns was terwyl die polisie vrae aan hulle gestel het so arrogant teenooor die moeders van die oord en die meisies. Soos die emosies begin oplaai, klap ek toe twee van die seuns.
Die volgende dag is ek geskors omdat dit ’n internasionale kindersorgorganisasie is wat lyfstraf teenstaan.
Ek het vir daardie seuns op die Namibiese manier laat verstaan dat ons moeders, vrouens en meisies die oases in ons woestyne is.
Daardie seuns was vier jaar later gebruik as getuies in ’n saak teen my omdat ek besluit het as ’n kind ’n beter toekoms kan hê as om in die oord te woon en groot te word, sal ek dit help bewerkstellig. Die twee kinders, wie se toekoms belowend lyk, en andere, wie ek met hul familie herenig het en nou as gesinne saamwoon, het my afdanking die moete werd gemaak.
Ek was daar en weet wat aangaan. Glo wat daardie meisies sê!
Nie net vir daardie oord nie, maar alle plekke van kindersorg in Namibië.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie