• Tuisblad
  • Onderwys
  • BEROEPE - Hannes Siebert, infrastruktuurbestuurder vir radiotoegangnetwerke by Paratus Telecom
BEROEPE - Hannes Siebert, infrastruktuurbestuurder vir radiotoegangnetwerke by Paratus Telecom
BEROEPE - Hannes Siebert, infrastruktuurbestuurder vir radiotoegangnetwerke by Paratus Telecom

BEROEPE - Hannes Siebert, infrastruktuurbestuurder vir radiotoegangnetwerke by Paratus Telecom

Dani Booysen
‘n Radiotoegangnetwerk is tegnologie wat individuele toestelle soos rekenaars, tablette en selfone deur middel van radioseine met ander dele van ‘n netwerk verbind.

Dit is ‘n groot deel van moderne telekommunikasie. 3G- en 4G-netwerkkonneksies vir selfone is voorbeelde van radiotoegangnetwerke.

Hannes Siebert is infrastruktuurbestuurder vir radiotoegangnetwerke by Paratus Telecom. Sy dagtake sluit in om seker te maak dat spanne wat installerings moet uitvoer en toerusting moet oprig hul werk goed en betyds doen. Hannes besoek ook plekke waar werk plaasvind en hanteer frekwensiebeplanning vir verbindings met Microwave en Wimax.

“Terwyl ek grootgeword het, was ek altyd gefassineer hoe radios gemaak word en het in radiofrekwensies en senders begin belangstel,” vertel Hannes. “Die wonderlike eienskap van hierdie medium is die groot verskeidenheid toepassings.”

‘n Radiofrekwensienetwerk verbind ‘n selfoon, rekenaar of enige afstandbeheerde masjien met die kernnetwerk (CN). Weens die ingewikkeldheid van netwerke is opleiding en praktiese ondervinding belangrik.

Nadat jy elektroniese ingenieurswese studeer het, sal ondervinding in radiokommunikasie, radio- en TV-uitsendings en satelliettegnologie volgens Hannes baie handig te pas kom.

‘n Bestuurder van radiotoegangnetwerke moet:

• fisieke werk verrig en ‘n passie hê vir radiofrekwensies.

• intens in elektronika belangstel.

• reis en dikwels weg van die huis wees.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!