• Tuisblad
  • Onderwys
  • BEROEPE - Piquet Fisher: Geoktrooieerde rekenmeester (CA) by Deloitte Namibia
BEROEPE - Piquet Fisher: Geoktrooieerde rekenmeester (CA) by Deloitte Namibia
BEROEPE - Piquet Fisher: Geoktrooieerde rekenmeester (CA) by Deloitte Namibia

BEROEPE - Piquet Fisher: Geoktrooieerde rekenmeester (CA) by Deloitte Namibia

Dani Booysen
‘n Geoktrooieerde rekenmeester (CA) soos Piquet Fisher verskaf finansiële advies, oudit rekeninge en voorsien betroubare inligting oor state en geldsake aan kliënte.

Die verantwoordelikhede van CA’s behels ook finansiële rapportering, belastingpligte, die ouditering van state, korporatiewe finansiële sake, die herwinning van skuld en bates, asook die hantering van insolvensie.

“Verskillende kliënte het verskillende behoeftes,” sê Piquet. “Ons moet in elkeen se behoeftes voldoen en daarom kom ons daagliks voor uitdagings te staan en leer ook lesse.”

‘n CA benodig goeie kommunikasievaardighede, bewustheid van sake- en handelskwessies, analitiese vaardighede en die vermoë om in ‘n span te werk.

“Om ‘n suksesvolle CA te wees, behels meer as om net ‘n goeie kop vir syfers te hê en state te verstaan,” benadruk Piquet.

Piquet het op hoërskool baie van rekeningkunde gehou. ‘n Beroep in finansies was volgens haar die natuurlike keuse.

Sy hou daarvan dat haar beroep elke dag iets anders bied en haar uitdaag om iets nuuts by haar span en kliënte te leer.

“Ek geniet dit regtig om met mense te werk,” sê Piquet, “en die gevoel dat ek ‘n verskil kan maak in die finansiële lewens van ons kliënte.”

‘n Geoktrooieerde rekenmeester (CA) moet:

• somme verstaan.

• Excel-state kan lees.

• sy/haar tyd goed bestuur.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!