Berserker vermink vrou
Berserker vermink vrou

Berserker vermink vrou

DIE 39-jarige Ndatoolewe Nangolo-Ndafelai het minus haar regterhand in die staatshospitaal op Oshakati beland terwyl haar eggenoot, mnr. Levi Ndafelai, horn in die polisieselle op Eenhana bevind nadat 'n voortslepende huismoles tot uitbarsting gekom het. Diejongste voorval van huishoudelike geweld op Omundaungilo in die Ohangwenastreek, het presies vyfdae voor die herdenking van die Vrouedag gebeur toe me. NangoloNdafelai na bewering deur haar man met 'n stok toegetakel is en met die vuis geslaan en geskop is terwyl sy op die grond gele het.

Omstanders het tussenbeide getree en die voorval by die polisie aangemeld. Mnr. Ndafelai het horn gloteengesit en polisiebeamptes gevloek voordat hy verwyder en na die polisiestasie geneem is. Hy is oomblikke later vrygelaat en het weer na sy vrou teruggekeer virdie tweede ronde van aanrandings. "Hy het dadelik begin om my weer aan te rand kort nadat hy van die polisiestasie teruggekeer het. Ek het op die grond geval en hy het 'n panga agter sy voertuig se sitplek uitgehaal en my aangeval.

"Omstanders het almal gevlug nadat hy hulle met die dood gedreig het. Terwyl ek hulpeloos op die grond gele en bloei het, het hy in die voertuig geklim in 'n poging om my dood te ry. Gelukkig het 'n Capriviaan wat van Okongo na Eenhana gery het daardie presiese oomblik by die tonee1 stilgehou en my lewe gered. Dit is hy en my neef, Kalifeni Mutileni, wat my na die hospitaal op Eenhana geneem het," het me.

Nangolo-Ndafelai aan Republikein vertel. Behalwe haar regterhand wat afgekap is, het sy nog ernstige snywonde op die rug, kop en linkerarm opgedoen. Me. Nangolo-Ndefelai het vertel van 'n stormagtige huwelik, met haar werklose man wat glo rondgeslaap het en die bietjie inkomste wat sy deur haar klein besigheid genereer het, vir homselftoegeeien het.

"Ek het hierdie kind grootgemaak en sy het nog nooit so iets oorgekom nie. Die hele familie is geskok om so iets te sien - dit moet die doener van hierdie gruwelike daad weet," het 'n familielid, me. Louise Mutileni, gese. Verpleegsters het me. Nangolo- Ndafelai se toestand die naweek teenoor Republikein as bevredigend beskryf.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!