Berserker vermoor 2-jarige nefie glo
’n Tweejarige seuntjie is vroeg Saterdagoggend dood toe sy 50-jarige oom hom na bewering met ’n graaf aangeval het, terwyl ’n driejarige meisie ernstige beserings opgedoen het.
Volgens die polisie se misdaadverslag het die voorval Saterdag omstreeks 07:00 by Ethiya-nedersetting in die Omuntele-gebied plaasgevind.
Die oorledene, Martin Junior Horaseb, is volgens die polisie na bewering met die graaf teen die kop gekap en is op die toneel dood. Die meisietjie het ernstige beserings aan haar nek opgedoen en is in ’n kritieke toestand in die Onanjokwe-hospitaal.
Die man het glo ook ’n hond doodgemaak en eiendom in die huis beskadig, voor hy na die bure se huis is waar hy die vensters van twee voertuie en ’n cuca-winkel se deur beskadig het.
Dit blyk hy is deur lede van die gemeenskap aangekeer en aan die polisie oorhandig toe hulle daar opgedaag het.
Hy sou gister in die landdroshof op Ondangwa verskyn.
Die polisie ondersoek ’n saak van moord, poging tot moord, wreedheid teenoor diere en opsetlike saakbeskadiging.
Intussen ondersoek die polisie ook die dood van die eenjarige Queen Elizabeth Mwilima, wat Vrydag omstreeks 17:00 na wat verneem word by Marema in Kavango-Wes in ’n put verdrink het.
Volgens die misdaadverslag is sy deur ’n 11-jarige alleen gelaat. Haar ouers is die vorige dag weg en het haar glo by familie gelos.
Hulle het die baba die volgende dag glo in die 11-jarige se sorg gelaat, wat met haar rivier toe gegaan en haar daar alleen gelaat het.
Die baba se naasbestaandes is van haar dood in kennis gestel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie