Bertha is die slimste
Bertha is die slimste

Bertha is die slimste

Tanja Bause
Die vyftienjarige Bertha Gamagus wat ''n graad 5-leerling aan die Primêre Skool Ondundu is, spog met agt A’s in haar jongste skoolrapport. Sy het die afgelope termyn ook twee B’s en ''n C in haar vakke behaal. Bertha is een van 54 kinders wat deur die Tov-liefdadigheidsorganisasie in Tsumeb ondersteun word. Die sentrum voorsien haar van skoolklere, skoene, skryfbehoeftes en toiletware. Sy is ook een van ses kinders wat deur me. Mary Forsythe Desousa geborg word. Die sentrumhoof, eerw. Edward Amadhila, is baie trots op die San-meisie se pretasies. “Een van ons grootste probleme wat ons ervaar, is om die kinders aan te moedig om in die skool te bly en om hul skoolloopbaan te voltooi." foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2025-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer