Berusting nu00e1 u2018n tragedie
Berusting nu00e1 u2018n tragedie

Berusting ná ‘n tragedie

Dani Booysen
Die gru-ontdekking van ‘n vermiste vrou se onthoofde liggaam op ‘n treinspoor in Windhoek het op 29 Maart die hele land geskok.

In sekere kringe is aanvanklik nie veel meer as hierdie gegewe berig nie, asook dat die polisie die vrou se identiteit bevestig het. Elders is in ‘n kits met hope bewerings en teorieë vorendag gekom. Tesame met die veragtelike verspreiding van minstens een grafiese foto van die toneel.

Dinsdag het die polisie bevestig die skokheengaan van me. Elna-Marie Abbott (29) word as selfdood beskou en geen getuienis dui op ‘n ander antwoord vir die aanvanklike raaisel nie. Baie mense verseg egter om dit te glo.

Weens aanvanklike bewerings en omstandighede, het Republikein die voorval anders as baie ander gevalle van selfdood benader. Die doel was om die publiek met feite op hoogte te hou – nie om enigeen pyn aan te doen nie.

Dikwels is daar gronde vir wantroue in die polisie. Om sulke gevoelens op die voorval te projekteer met aantygings van skandalige onbevoegdheid en selfs samesweringsteorieë is onregverdig.

Jan en San Alleman het die reg om hul sê te sê. Tog is ‘n mens opnuut onthits oor sommige reaksies in die sosiale media.

Enige verlies aan lewe is hartseer. ‘n Belangrike pleidooi deur sekere lesers was: depressie – en selfdood – is werklik. Ons kan dit nie wegwens of wegredeneer nie. Almal kan help om mense met depressie beter by te staan.

Elna-Marie, haar familie en vriende is ook in ons gedagtes en gebede. Soos almal wat al deur so ‘n trauma moes gaan.

So sê ander

3 April 2019

Beeld, Die Burger en Volksblad sê

Die onderverhaling van R57,4 miljard se belastinggeld in die jaar tot einde Maart wys in rand en sent hoe groot die skade is wat Tom Moyane in die era van staatskaping by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) aangerig het.

Die bevindings van die Nugent-kommissie wys duidelik hoe omvangryk staatskaping by die SAID was en dat dit tot in die hart van die staatskas gestrek het.

Ná Moyane se afdanking as kommissaris was daar weliswaar tekens dat erns gemaak word met die goeie aanbevelings van die Nugent-kommissie om die SAID-huis weer in orde te kry. Dit gaan wel nie oornag gebeur nie, want in ’n groot mate is mense se bereidwilligheid om belasting te betaal gekoppel aan die vertroue wat hulle in die belastinggaarder self stel.

Intussen kan die dringendheid van die krisis by die SAID kwalik oordryf word.

In vele opsigte is die Februarie-begroting reeds ’n krisisbegroting, wat die gevolge van staatskaping ongedaan moet help maak. Dit is nou die SAID se taak om die geld te gaan insamel, maar om dít te doen én die inkomstediens te herbou, gaan ’n bietjie wees soos om ’n vliegtuig se enjin midde-in ’n vlug te herstel.

Dit is reeds die vyfde agtereenvolgende jaar dat die SAID sy insamelingsteiken hopeloos mis. As dié neiging voortduur, wag ’n bose spiraal van verdere afgraderings en groeiende staatskuld.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!