Beserings beperk Mannetti se opsies
Beserings beperk Mannetti se opsies

Beserings beperk Mannetti se opsies

Sokker
Vir die Tafel Lager Brave Warriors se vriendskaplike wedstryd môre teen Swaziland in Manzini sal hoofafrigter Ricardo Mannetti sonder vier beseerde spelers moet klaarkom.

Vernon Klaasen, Kennedy Eib, Absalom Iimbondi en Panduleni Nekundi het almal skete.

Mannetti het vroeër dié week ’n groep van 27 spelers bekend gemaak van wie net 20 gister na Swaziland veetrek het. Hoewel die groep vir môre se kragmeting ’n proefneming vir die Cosafa-kampioenskap is wat vanaf 27 Mei tot 9 Junie in Polokwane, Suid-Afrika aangebied word, het die breier se opsies met vier spelers minder gekrimp.

Dié kragmeting is deel van Swaziland se 50ste onafhanklikheidsvieringe en nie deel van Fifa se amptelike program nie.

“Hierdie is nie ’n geakrediteerde Fifa-wedstryd nie en ons tegniese span kan nie die risiko loop om beseerde spelers in te span nie. Die MTC Namibiese Premierliga is nog nie afgehandel nie en die 2018 Debmarine-beker moet ook nog beslis word.

“Ons het (Maandag) ’n oefenlopie by die Sam Nujoma-stadion gehad en almal behalwe die vier spelers was op peil. Die ouens sukkel met ligte beserings en ons het besluit dit sal die regte ding wees om hulle ’n ruskans te gee,” het Mannetti vertel.

Die groep van 23 is Ratanda Mbazuvara, Immanuel Immanuel, Edward Maova, Ferdinand Karongee, Kennedy Amutenya, Rehabeam Mbango, Tjinotjiua Tja Tjiuana, Donovan Kanjaa, Kleophas Useb, Riaan Hanamub, Charles Hambira, Petrus Shitembi, Ronald Ketjijere (kaptein), Gustav Isaak, Himeezembi Hengombe, Elvis Patire, Ikuaterua Hoveka, Marcel Papama, Mapenzi Muwanei, Willem Pinehas, Josef Ngifindwako, Marius Hashipala, Itamunua Keimuine. – www.nfa.org

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!