Besige jaar wag vir para-atlete
Paralimpiese sport
Michael Hamukwaya, sekretaris-generaal van die Namibiese Paralimpiese Komitee (NPC), sê weens byeenkomste wat verlede jaar uitgestel moes word, gaan 2022 ’n bedrywige jaar vir gestremde atlete wees.
Hamukwaya het gister gesê die aanbieding van die uitgestelde 2020 Paralimpiese Spele verlede jaar in Tokio het talle ander byeenkomste in 2021 kortgeknip.
“Instede van vier jaar, het ons net drie jaar oor om vir kwalifisering en deelname aan die 2024 Paralimpiese Spele in Parys voor te berei. Dit plaas geweldige druk op die federasie,” het hy gesê.
Om al sy atlete in toppeil te kry, het die NPC etlike kompetisies in die oog vir sy atlete om aan deel te neem. Maar die tekort aan geld kan opnuut ’n demper op hul vordering plaas.
“Ons begin sommer die komende naweek. Van ons atlete sal aan Atletiek Namibië se Grand Prix-byeenkoms in Swakopmund deelneem. Ons het ook ’n paar groot internasionale kompetisies in gedagte soos die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPC) se Grand Prix volgende maand in Dubai. Daar is ook die Statebondspele wat Juliemaand in Birmingham, Engeland, plaasvind,” het hy uitgebrei.
Die sekretaris-generaal sê die NPC se belangrikste byeenkoms vanjaar is die nasionale kampioenskap wat van 25 tot 30 Januarie in Windhoek voorlê.
“Vanjaar bied ons ook sokker vir blindes aan en saam met al die baan- en veldatlete behoort al 14 streke verteenwoordig te wees. By die laaste nasionale kampioenskap was Kavango-Wes, Otjozondjupa en Kunene nie daar nie,” het hy verduidelik.
Die Suid-Afrikaanse Sportvereniging vir gestremdes se nasionale kampioenskap sal Maart in Johannesburg gehou word waar nuwe talent van Namibië op die voorgrond kan tree.
Die Statebondspele en die IPC-wêreldkampioenskap in Augustus sal gebruik word om ’n Namibiese span saam te stel wat by die 2023 Afrika-spele in aksie sal wees.
“Deur aan internasionale byeenkomste van die IPC deel te neem, kan van ons atlete as Paralimpiërs geklassifiseer en op die wêreldranglys geplaas word.
“Ons idee is om vanjaar ’n klompie jong atlete aan internasionale kompetisies bloot te stel, maar met beperkte fondse kan ons sukkel om by al die kampioenskappe uit te kom,” het Hamukwaya gesê.
– Nampa
FOTO’s
Bradley Murere tydens die 2019 Paralimpiese Komitee se wêreldkampioenskap in Dubai.
Lahja Ishitile in aksie by die 2020 Paralimpiese Spele in Tokio. Foto Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie