Besighede bekommerd oor Nipa
Besighede bekommerd oor Nipa

Besighede bekommerd oor Nipa

'n Liggaam van private maatskappye sê geskiedkundige ongeregtighede moet aangepak word in 'n klimaat ten gunste van beleggings.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Die Ekonomiese Beleidsnavorsingsvereniging (Epra), 'n vrywillige vereniging van sowat 600 Namibiese besighede, sê erge skade word aan die ekonomie gedoen met die regering wat van pro-beleggingsbeleide af wegbeweeg.

Een kwessie is die Namibië ­beleggingsbevorderingswet (Nipa), wat verreikende gevolge vir buitelandse beleggings in Namibië kan hê.

Nipa is in Augustus 2016 van krag, maar dit is tans onder hersiening. Dit vervang die ­Buitelandse Beleggingswet van 1990.

Dié het vrye beleggings voorsien wat deur institusionele ­ondersteuning gerugsteun is. Hierteenoor maak Nipa voorsiening vir beleggingsgoed­keuring, wat die minister in beheer magte met betrekking tot die regulering en besluitneming oor beleggings gee.

Dit, vrees die besighede, kan die deur wyd vir misbruik of manipulasie laat oopstaan.

Epra sê dit, asook die onsekerheid veroorsaak deur die aard van die naderende instelling van die Nuwe Raamwerk vir Ekonomiese Bemagtiging (NEEEF), het die potensiaal om die land se ekonomiese en beleggingsomgewing verder te skaad.

Die vereniging sê dit sal die ­regering se beheer oor private sektorbeleggings verhoog.

Dit sal ook 'n “plaaslike vennootskapvereiste” vir buitelandse beleggers instel, wat volgens Epra slegs enkeles sal bevoordeel.

So 'n vereiste, sê Epra, het reeds verwoestende gevolge vir die ­ekonomieë van Zimbabwe en Angola gehad.

“Beperkings word ingestel vir belegging, repatriasie van belastingwinste en beleggers word blootgestel aan die risiko van onteiening,” het mnr. Eben de Klerk namens Epra se bestuurskomitee gesê.

Die vereniging is ook bekommerd oor die groeiende kommer oor die verlies van private eiendomsreg en onteiening van grond sonder vergoeding, aangesien die datum vir die tweede grond­konferensie nader kom.

“Epra ondersteun grondhervorming in die grense van die wet, maar beklemtoon dat onteiening van grond sonder vergoeding 'n reg is wat in die grondwet ver­skans is en dus nie gewysig kan word nie,” het De Klerk gesê.

Epra het gesê die regering kan ingee onder groeiende politieke druk en toetree tot radikale eise wat fokus op die simptome van ondoeltreffendheid en ongerigte strukturele kwessies sonder enige werklike hoop op volhoubaarheid op die lang termyn of die ware regstelling van huidige en geskiedkundige sosioëkonomiese kwessies.

Dit het gesê Nipa, asook ­risiko's en populistiese bewegings, kan verder die politieke onsekerheid vererger, verder beleggings verminder, ekonomiese stagnasie voortsit en werkloosheid verhoog.

Dit het gesê geleenthede vir alle Namibiërs en die uitwis van geskiedkundige ­ongeregtighede is noodsaaklik, maar stel voor hierdie proses moet op 'n “pro-beleggingsmanier, ingelig deur data en bewyse” gedoen word.

“Die verantwoordelikheid hiervoor kan nie alleen op die private sektor geplaas word nie, veral in die lig van die opvallende misbruik van openbare fondse die afgelope sowat drie dekades,” het Epra gesê.

Dit het gesê besighede moet gereelde inligting oor navorsing en beleidsontwikkeling ontvang.

Kommentaar

Republikein 2025-03-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer