Besin goed oor ICC
Besin goed oor ICC

Besin goed oor ICC

Estelle de Bruyn
Die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, het onlangs in die Nasionale Vergadering die versekering gegee dat op hoë vlak besin sal word óf Namibië aan die Internasionale Geregshof (ICC) gaan onttrek.

Suid-Afrika, Burundi en Gambië het reeds aangedui dat hulle gaan onttrek.

Die feit dat nege van die tien sake wat die hof op sy rol het, Afrikaleiers impliseer, word onder meer as rede aangevoer.

Dit is egter Afrikalande self wat die sake teen Afrikaleiers aanhangig gemaak het. Die ICC besluit nie eensydig wie vervolg word nie.

Namibië sal goed moet nadink oor wat die implikasies van ‘n moontlike onttrekking is. Namibië se menseregterekord is goed, met die uitsondering van enkele gebiede van kritiek, en die land geniet vrede en stabiliteit. Met ander woorde, Namibië het niks om weg te steek nie en niks om oor skaam te wees nie.

Die lande wat reeds kennis van onttrekking gegee het, se rekords is nie bo verdenking nie.

In 2015 het pres. Pierre Nkurunziza se besluit om vir ‘n derde presidentstermyn te staan, grootskaalse politieke twis en ‘n mislukte staatsgreep tot gevolg gehad. Gambië se menseregterekord laat veel te wense oor met pres. Yahya Jammeh, wat in Desember vir ‘n vyfde termyn verkiesbaar is met toenemende internasionale kritiek oor onderdrukking en vervolging van die opposisie en die media wat gemuilband word.

In Suid-Afrika is ‘n hofstryd aan die gang oor die openbare beskermer se verslag oor staatskaping waarin pres. Jacob Zuma en sy trawante betrokke is. Bandelose vandalisme en openbare onrus is, grootliks vanweë leierloosheid, aan die orde van die dag.

Namibië se rekord is skoon.

‘n Besluit om te onttrek aan die ICC hou geen voordele vir die land in nie. Al wat dit sal meebring, is dat dit Namibië se internasionale aansien skade sal berokken.

Só sê ander:

Financial Times

2 November 2016

For all her weaknesses, Clinton is the best hope

Rarely in a US presidential election has the choice been so stark and the stakes so high. The contest between Hillary Clinton and Donald Trump has provided high drama, amply demonstrated by the FBI’s reckless, last-minute intervention in the saga of Mrs Clinton’s emails.

One candidate has the credentials. Mrs Clinton has served as first lady, senator for New York and US secretary of state. Mr Trump deals in denigration not diplomacy.

If elected, Mrs Clinton must work out how to heal the divisiveness which has characterised the 2016 election. In the national interest she must show a determination to work with a fractured Republican party. This proved beyond President Barack Obama, whose fatigue with Congress verged on the fatalistic. Mrs Clinton, who has worked with ideological foes, has the chance for a fresh start.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!