Beskerm joernaliste, beskerm die waarheid
Beskerm joernaliste, beskerm die waarheid

Beskerm joernaliste, beskerm die waarheid

Ronelle Rademeyer
Namibiese joernaliste het gister ’n solidariteitsoptog in Onafhanklikheidslaan, Windhoek, gehou as deel van die Verenigde Nasies (VN) se Internasionale Dag vir die Beëindiging van Straffeloosheid vir Misdade teen Joernaliste. Die afgelope veertien jaar is nagenoeg 1 200 joernaliste wêreldwyd vermoor. In nege uit tien gevalle is die moordenaars nie vervolg nie, sê die VN. Me. Zoe Titus, direkteur van Namibia Media Trust (NMT) wat die optog gereël het, sê kollektiewe optrede oor vastelande heen soos dié solidariteitsoptog herinner regerings dat vergrype teen joernaliste nie ongesiens verbygaan nie. Foto Augetto Graig

Kommentaar

Republikein 2025-12-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer