Beskerm jou voertuig met Auto Amor
VOERTUIE is naas huise seker die duurste item wat enigiemand in sy leeftyd koop en daarom kan mens nie genoeg doen om dit teen skade te beskerm nie. Met die siening as riglyn en na 'n deeglike studie van ditwat in die mark is om die doelwit te bereik, het mnr. Pieter Senekalvan Spes Bona Motors, Auto Amor Namibia op die been gebring. 'n Volle reeks produkte om voertuie teen natuurelemente, kleiner krap- en skraapmerkies en booswigte te beskerm, maakdeel uit van dit wat Auto Amor aan kliente bied.
"Een van die grootste voordele van ons produkte is dat banke die waarde so hoog ag dat hulle bereid is om dit te finansier," het mnr. Senekal bevestig, "Wat meer is, dit is nie net by Spes Bonabeskikbaar nie, maarfeitlik elke handelaar kan dit as opsies aan motorkopers bied," het hy bygevoeg. Die eerste reeks produkte wat as Auto Amor beskikbaar is, is die drieledige beskermer van die voertuig se verfwerk teen natuurelemente, 'n leer- en kleedstofbeskermer en 'n gekodeerde registrasie op ruite om gesteelde voertuie terug te vind.
Die produkte wat op die verfwerk aangewend word, beskerm die voertuig se verfwerk teen natuurelemente soos die son, suurreen, voelmis en seesprei, terwyl ander produkte weer die binnebekleding en sitplekke beskerm. Kliente kan elke ses maande kom vir 'n heraanwending van die produk.
Die veiligheidsfilm van Auto Amor wat op die vensters van voertuie aangebring word, is splintervry en beskerm insittendes teen aanvalle van buite. Volgens mnr. Senekal is die film ongeloofiik sterken word die hele ruit, selfs die gedeeltes onder die rubberraam waarin dit aan die voertuig geheg word, aangebring. "Dit is feitlik onmoontlikom 'n voertuigruit wat daarmee behandel is, uit te slaan. Uiteraard sal die ruit breek, maar die film hou dit so ferm aanmekaar dat dit totaal splintervry is," het hy verduidelik.
Die gewildste produk in die reeks van Auto Amor Namibia, is volgens mnr. SenekalVPS (Vehicle Protection Shield). Die deurskynende plastiekbeskermingslaag wat op die bakwerk van voertuie aangebring word, beskerm die buitenste bakwerk teen klipmerkies, takke wat die voertuig kan skraap en enigiets wat daarteen skuur. "Voertuigeienaars kan natuurlik besluit om die hele voertuig met die produk te behandel. Ander opsies isook beskikbaar soos om net seker dele of stroke oor die neus, kant of deure volgens die behoefte van individue te dek, " het mnr. Senekal verduidelik.
Volgens hom is daar kliente wat byvoorbeeld net hill hoofligte laat plak omdie lens van die lig te beskerm. Dit is veral diegene wat aan die kus woon wat groot baat daarby vind. "Die produk word min of meer op dieselfde wyse aangebring as die film op ruite. Dit is duursaam en sal nie kraak, vergeel of afskilfer nie. Ons gee byvoorbeeld 'n vyfjaarwaarborg daarop," het mnr. Senekal beklemtoon. Enigiemand wat meer inligting oor die produkte van Auto Amor Namibia wil bekom, kan met mnr. Senekal by tel. 279 700 in verbinding tree.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie