Beskerm ons kinders
Beskerm ons kinders

Beskerm ons kinders

Dani Booysen
Agt wangevoede en getraumatiseerde kinders is die naweek tydens twee reddingsoperasies in Windhoek se Havana-nedersetting uit die sinkhuise bevry waarin hul toegesluit was.

'n Drie maande oue babadogtertjie het in die hospitaal beswyk.

Die voorvalle is net tentakels van 'n veel groter, veelkoppige monster wat sy kloue in Namibiese gemeenskappe ingeslaan het. Dit is ekstreme voorbeelde van kinderverwaarlosing en die gevolge wanneer weefstowwe wat samelewings moet bind aan flarde geruk word.

In dieselfde sinkhuis as die afgestorwe baba was drie ander kinders waarvan die ouderdomme tussen een en vyf jaar wissel.

In 'n ander sinkhuis is vier kinders, van een tot tien jaar oud, alleen met net 'n emmer water agter slot en grendel gelaat.

Minstens in een van die twee voorvalle was die ma uit om te gaan drink. Sy het in die proses 'n baba aan die dood afgestaan – 'n kind wat sy dalk nooit wou gehad het nie?

Bure weet waarskynlik van ander ouers wat dieselfde doen. Almal skakel egter nie die owerhede nie. Dit is elke inwoner se plig om sulke wandade aan die kaak te stel.

Terselfdertyd moet die regering besef beleid om euwels soos hierdie uit te wis, tref nie die kol nie. Armoede kan nie alleen blameer word nie, maar is deel van 'n giftige brousel waarvan drankmisbruik, swak ouersorg, 'n agteruitgang in moraliteit, gebrekkige opvoeding en beperkte of geen gesinsbeplanning van die ander bestanddele is.

Die verval kan van geslag tot geslag oorgedra word indien ons dit nie stuit nie.



So sê ander

29 April 2019



Beeld en Volksblad sê



Dit is goeie nuus dat Solidariteit inspring om sowat R1 miljoen se regskoste van Brian Molefe, een van Suid-Afrika se opperste staats­kapers, te verhaal.

Die vakbond was een van die partye wat suksesvolle regsoptrede teen hom gevoer het om sy oordadige Eskom-pensioen van R30 miljoen ongedaan te maak deur die howe. Die vakbond wil ook toesien dat hy die R11 miljoen wat reeds aan hom betaal is, inderdaad teruggee soos die hof beveel het.

Vir uiteindelike geregtigheid en die suksesvolle vervolging van staatskapers gaan druk en optrede vanuit die burgerlike samelewing uiters belangrik wees. Die ANC het nie juis 'n borrelende geesdrif om iets te doen nie. Die nasionale vervolgingsgesag moet nog aan die gang kom onder sy nuwe bestuur en sal hopelik uiteindelik wel betrokke raak. Van sy lede monitor inderdaad nou die Zondo-sessies. Maar daar is g'n aptyt by die Suid-Afrikaanse publiek om net op prinse te vertrou vir die vervolging van die staatskapers nie.

Hopelik bly dit wat Molefe betref nie net by die verhaling van die onwettige miljoene in sy besit nie, maar word daar reeds aan sy en ander Eskom-misdadigers se klagstate gewerk. Vir die uiteindelike standhoudende herstel van Suid-Afrika se aansien as vrye demokratiese staat is omvattende vervolgings vanjaar nog nodig.• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!