Beskerm pluimveeprodusente teen invoere
‘Knuppel in die hoenderhok’ kry nuwe betekenis
Dr. Kobus Laubscher
Die sêding “om 'n knuppel in die hoenderhok te gooi,” verwys daarna om 'n bom iewers los te laat.
Daar bestaan ook 'n Hollandse spreekwoord met dieselfde betekenis en dit verwys tans na die impak wat invoere op die Suid-Afrikaanse pluimvee bedryf het.
Boonop is Nederland een van die fluksste uitvoerders van hoenderprodukte na Suid-Afrika. Andersyds bestaan daar 'n Duitse spreekwoord waarvolgens die lewe, van Suid-Afrikaanse hoenderboere ten minste, met 'n hoenderstellasie vergelyk word!
Stygende inflasie en veral kosinflasie (soos weergegee in die jongste statistieke), bly in die nuus. As dit egter by stygende verbruikerspryse en hoender kom, kry die debat oor invoere 'n ander betekenis.
Die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP), in samewerking met die bekende Landbouw Economisch Instituit (LEI) van Wageningen, Nederland, het onlangs gesaghebbend oor die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf in 'n internasionale konteks berig.
Indien die agbare minister van handel en nywerheid korrek aangehaal is toe hy gesê het dat hy graag voorleggings wil sien oor die beweerde negatiewe impak van invoere, ontstaan vrae oor wat geword het van bestaande voorleggings deur die bedryf: Dit wil sê oor die impak van die African Growth and Opportunity Act (Agoa).
Of het politieke druk, uitgeoefen deur dreigende stakings, dalk die knoop deurgehaak om 'n hoëvlak ondersoek te begin?
GROOT ROLSPELER
Ten einde konteks te gee aan die roep vir beter beskerming teen invoere, moet kennis geneem word van die volgende: Die pluimveebedryf is die grootste bydraer tot die bruto inkomste van die landbou.
As 'n bekostigbare bron van proteïen, komplementeer dit voedselsekerheid, terwyl dit ook vooruitgang bied in terme van struktuurveranderings.
Die belangrikheid van die bedryf word beklemtoon deurdat dit 40% van die totale voerverbruik in Suid-Afrika opmaak. Altesaam 90% van die soja wat plaaslik geproduseer word, word deur die pluimveebedryf verbruik en pluimveeproduksie is die tweede belangrikste verbruiker van geelmielies.
Die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf vergelyk ook goed met ander lande. Die BFAP het byvoorbeeld bevind dat die voerkoste per kg lewende braaikuiken ondergemiddeld is as dit met ander lande vergelyk word.
As in ag geneem word dat sedert 2010 meer as die helfte van die groei in die verbruik van hoendervleis deur invoere verkry is, verg dit nie ingewikkelde wiskunde om uit te werk hoeveel soja en mielies Suid-Afrika deur middel van hoender binnekom nie. Trouens, die Suid-Afrikaanse Pluimveeverenging (Sapa) betoog dat Suid-Afrika selfvoorsienend kan wees wat hoendervleis betref, mits die speelveld gelyk is.
GEVOLGE VAN INVOERE
Tans bestaan invoere meestal uit snitte wat nie oorsee gewild is nie.
Been-in snitte is gewild in Suid-Afrika, terwyl die buiteland snitte soos borsies verkies. Meganies ontbeende hoender vind wye toepassing in Suid-Afrika se verwerkingsbedryf en kom die land teen uiters mededingende pryse binne, want produsente wat hierheen uitvoer, behaal premies op ander snitte.
Suid-Afrika sou graag wou deelneem in die mark vir dié voorkeursnitte, maar dit is tegnies ontoeganklik as gevolg van hemelhoë tariewe en diskriminerende sito-sanitêre vereistes. Die hekkies is eenvoudig te hoog! Plaaslike verbruikers gee nie noemenswaardige voorkeur aan “duurder” snitte nie en invoere dwing pryse van alle snitte eenvoudig af. As gevolg van sekere uitvoervereistes is prysdiskriminasie dus nie moontlik binne die Suid-Afrikaanse mark nie. Volhoubaarheid is gevolglik in gedrang.
Invoere beteken ook valutaverliese en die nagenoeg R4,6 miljard se invoere in 2015 het beslis bygedra tot handelstekorte. Invoerders sal uiteraard enige invoervervanging ontmoedig en hul bedingingsvermoë is beduidend as in ag geneem word dat die kollektief groter is as enige enkel binnelandse entiteit (produsent).
As die koste van hoendervleis bereken word as deel van die kosmandjie (waaraan inflasie gemeet word), toon dit dat verbruikerspryse van bevrore hoenderporsies jaar-op-jaar tot in Desember met minder as 2% gestyg het. Volumegewys hou invoerders dalk die mark gevange, deur nie die laer pryse van invoere deur te gee nie.
DREIGENDE WERKSVERLIESE
Sapa waarsku vervolgens teen beduidende werkverliese, tensy invoertariewe hoog genoeg gestel kan word om Suid-Afrika teen storting te beskerm.
Tot 1 000 werkgeleenthede is in gedrang vir elke 10 000 ton invoere. Benewens die negatiewe impak van kostedrywers soos ongunstige wisselkoerse en duurder voer as gevolg van die droogte, verswak die ruilvoet verder as gevolg van die prysneerdrukkende impak van invoere, die volume en die verwagte groei in invoere.
Die staking van beleggings in die bedryf en beëindiging van kleiner produksie-eenhede blyk onafwendbaar te wees. Hoenderboere in Suid-Afrika kan met reg die hoenders in wees omdat daar nie na hul belange omgesien word soos in die geval van hul oorsese eweknieë nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie